Weg!

TONY JAMES van Johannesbu­rg vra:

-

Ons het dié reuse-insek gewaar by die Mabula Game Lodge naby Bela-Bela. Ek het nog nooit so ’n groot stokinsek gesien nie – is dit normaal?

Die insekkenne­r DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dis die reusestoki­nsek ( Bactrodode­ma tiaratum). Die wyfies kan byna so lank soos ’n liniaal word! Die mannetjies is in die algemeen net die helfte so lank.

Hulle is van die meer oortuigend­e stok- en taknaboots­ers – die lyf is donkerbrui­n en -grys met ’n growwe basagtige tekstuur en hulle het twee spitse bo-op die kop. Die spesie swaai ritmies vorentoe en agtertoe as hulle gesteur word. Hulle kom eintlik wyd voor in die warmer dele van Suid-Afrika, maar word natuurlik dikwels misgekyk.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa