Weg!

CAREL KIRSTEIN van Pretoria vra:

-

Ek het foto’s geneem van ’n gemsbok en ’n rooihartbe­es wat koppe stamp in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk. Is dit normale gedrag?

Die natuurlewe­kenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Gemsbokbul­le is bekend vir aggressie en sulke vertonings om hulle dominansie in ’n groep te bewerkstel­lig. Carel se foto’s wys ongelukkig nie of daar nog gemsbokke in die omgewing was nie. Dalk was daar ’n gemsbokkoe­i in oestrus of dalk wou die gemsbok sy gebied beskerm, en die rooihartbe­este was bloot op die verkeerde tyd op die verkeerde plek. In ’n onlangse videogreep wat die ronde gedoen het, daag ’n gemsbok ook ’n swartwitpe­ns uit. Ná ’n rukkie se koppe stamp, is die gemsbok goed rondgejaag deur die swartwitpe­ns.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa