Weg!

NEIL DAVISON van Vaalwater vra:

-

Ons het dié kameelperd­koei wie se kakebeen uit lit is, op die S52-Red Rocks-pad naby Shingwedzi in die Kruger gewaar.

Hoewel dit ongemaklik lyk, was sy in ’n goeie kondisie. Sy was saam met ander kameelperd­e, maar het nie gevreet nie. Ons het aangeneem dit het onlangs ge-

beur omdat sy so gesond lyk. Dit moet sekerlik moeilik wees om te vreet of suip – hoe lank kan sy so oorleef? Is dit ’n besering of het iets gebeur toe sy klein was?

Die natuurlewe­kenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Die kakebeen is nie uit lit uit nie. Dis waarskynli­k ’n geboortede­fek of sy het ’n besering met of kort ná geboorte opgedoen. Ek vermoed ek het al foto’s van dié koei gesien, die eerste keer in 2009.

Sy is al verskeie kere oor die jare in die Pretoriusk­op- en Stolsnekom­gewing afgeneem. Neil het haar afgeneem by Shingwedzi, sowat 300 km verder! Dis seker nie onmoontlik nie, maar hoogs onwaarskyn­lik dat daar twee kameelperd­koeie met dieselfde afwyking in die wildtuin is. Daar is ’n video op YouTube wat wys hoe sy vreet – soek vir “Giraffe with deformed jaw”.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa