Weg!

KYK HIER!

-

Die Sehlabathe­be- nasionale park in Lesotho is waarskynli­k een van die nasionale parke in Suider-Afrika wat die minste besoekers kry. Dis nie juis ’n verrassing as ’n mens die ligging in ag neem nie – dis naby Qachasnek en dis moeilik om daar uit te kom. Dit beteken egter ook dié wat wel die moeite doen om hier uit te kom, sal waarskynli­k die grootse landskappe kan indrink sonder veel ander mense rondom hulle.

Die vryskutjoe­rnalis Evan Naudé het dit besef toe hy laaswinter hier was vir ’n storie vir Weg, en het daarom ’n driepoot ingepak sodat hy fotograaf én model kon wees. Hy het selfs ’n helderrooi baadjie ingepak sodat hy duidelik teen die winterland­skap kan uitstaan.

Sehlabathe­be is die oudste natuurrese­rvaat in Lesotho en deel van die Maloti-Drakensber­g-oorgrensbe­waringsgeb­ied.

 ?? FOTO EVAN NAUDÉ ??
FOTO EVAN NAUDÉ

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa