Weg!

PARKEWEEK Dís wanneer jy moet stokkiesdr­aai

-

Trek jou dagboek nader en sit sommer nou ’n dag verlof in vir iewers tussen 10 en 14 September. Dis Erfenismaa­nd en jy kan vir een week ’n gratis draai in al ons nasionale parke (behalwe die Namakwanas­ionale park) maak! Sit eerder by ’n watergat in die wildtuin of kyk uit oor die Vallei van Verlatenhe­id in die Kamdeboo- nasionale park as om na jou rekenaarsk­erm te staar.

As jy in dié week na Kaappunt in die Tafelberg- nasionale park gaan, bespaar jy R147 per volwassene en R76 per kind – dis wat ’n dagbesoeke­r sonder ’n Wild Card gewoonlik betaal! Of laai die kinders in die motor en gaan kyk na die veldblomme in die Weskus- nasionale park se Postbergde­el. Dié deel is elke jaar net in Augustus en September oop vir besoekers.

Dis die 13de jaar dat Sanparke parkeweek aanbied. Meer as 77 000 mense het verlede jaar in dié week na een van die parke gegaan.

Hoe werk dit? Dagbesoeke­rs met ’n Suid-Afrikaanse ID kry gratis toegang tot die parke. Wanneer? Al die parke hiernaas bied gratis toegang van 10 tot 14 September. Party van die parke sluit ook die naweek (15 en 16 September) in – ons dui dit hier regs aan. Let wel Dit sluit nie verblyf of enige van die aktiwiteit­e in nie.

Nog inligting Kyk by sanparks.org vir die onderskeie parke se hektye.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa