Weg!

SA kry ’n tiende Wêrelderfe­nisgebied

-

Het jy geweet Suid-Afrika is die enigste plek ter wêreld waar jy biomats – een van die eerste tekens van primitiewe lewe – met die blote oog kan sien? Fossiele van hierdie antieke lewensvorm­e (dit het meer as 3,2 miljard jaar gelede gegroei!) is in die Barbertono­mgewing te sien.

Dis maar een van die redes hoekom die Barberton-Makhonjwa-bergreeks tussen Barberton en die grens met Mpumalanga vroeër vanjaar deur Unesco aangewys is as Suid-Afrika se tiende Wêrelderfe­nisgebied.

Die gebied is ’n belangrike bron van wetenskapl­ike en geologiese inligting: Vulkaniese en sedimentêr­e rots in dié gebied het goed behoue gebly en dateer vanaf sowat 3,25 miljard tot 3,6 miljard jaar gelede, toe die eerste vastelande begin vorm het. Verken die streek in jou eie motor op die Barberton Geotrail (37 km).

Kontak Barberton se toerismeka­ntoor op 013 712 2880 of barberton.co.za vir meer inligting. Die roete is gratis.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa