Weg!

KAPOET, WILLOWMORE

- – Jon Minster

Willowmore in die Oos-Kaap is strategies geleë: Dis op die randjie van die Groot-Karoo en van hier af kan jy die Swartberg (wes), die Baviaanskl­oof (oos) of die Tuinroete (suid) invaar. Dis ’n oulike dorpie net langs die N9 en die ideale plek om bene te rek op julle road trip.

Kapoet is ’n padstal-en-restaurant in Knysnastra­at – die hoofstraat deur die dorp. Sit in die somer op die stoep langs die sypaadjie en geniet die briesie, of maak julle tuis by een van die tafels binne as daar sneeu op die bergpieke lê.

Die spyskaart het ruim ontbytopsi­es (vanaf sowat R40), roosterkoe­ktoebroodj­ies (R50-R70), goeie koffie, warmsjokol­ade en pannekoeke (vanaf sowat R25). Hier is ook stewiger maaltye beskikbaar, onder meer lasagne, bobotie en slaaie.

Die rakke binne staan vol padstalwar­e: Biedouwval­lei-rooibos, tuisgebakt­e beskuit, koekies, fudge en eko-vriendelik­e velsorgpro­dukte van plekke soos Chardine ( chardine.co.za) en Simply Bee ( simple bee.co.za). Laai in, want daar is wildernis reg rondom julle en jy gaan padkos nodig hê!

Waar? Knysnastra­at 26 Oop Elke dag van 7.30 vm.-6 nm.

Nog inligting 083 699 1104; “Kapoet Padstal” op Facebook

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa