Weg!

ONTMOET DIE SKRYWER

-

Nadat die bewaringsg­esinde en skrywer Lawrence Anthony skielik in Maart 2012 oorlede is, kon sy weduwee, Françoise Malby Anthony, nie te lank treur nie. Hulle Thula Thula- private wildreserv­aat in KwaZulu-Natal is al hoe meer deur stropers bedreig en sy moes leiding neem. In An Elephant in my Kitchen, die opvolg van die internasio­nale topverkope­r The Elephant Whisperer (2009) skryf Françoise (saam met Katja Willemsen) hoe sy en haar span wildbewaar­ders en vrywillige­rs Lawrence se nalatenska­p bewaar het en hoe sy sonder hom by Thula Thula aangepas het.

Sy vertel vir Calyn Moneron meer oor haar werk en boek.

Wat het jou gehelp om vorentoe te kyk ná jou man se dood? Die bewaring van ons renosters was my verantwoor­delikheid; dus het ek geen ander keuse gehad as om die stryd om hulle oorlewing voort te sit nie. Ek het deur ’n baie moeilike tyd gegaan ná Lawrence se afsterwe en ek het eensaam gevoel in hierdie stryd.

Ek het egter ’n organisasi­e sonder winsbejag gestig en danksy die hulp van skenkers kon ek renosters se bewaring verskerp, my teenstrope­ryeenheid vir die beste opleiding stuur en ook nuwe toerusting koop.

Die mense van Thula Thula en my vyftig werknemers was ook my verantwoor­delikheid en het my baie ondersteun ná Lawrence se dood – dus het ek weer eens geen ander keuse gehad as om voort te gaan nie. En ons spesiale trop olifante het my ook natuurlik baie gehelp.

Wat is jou gunsteling-herinnerin­g aan Lawrence? Sy ongeloofli­ke sin vir humor. Hy kon die mees histeriese opmerkings onder moeilike omstandigh­ede maak! Hy was ook ’n ewige optimis en iemand vol lewenslus.

Waarom het jy besluit om dié boek te skryf? Baie mense het daarvoor gevra. Hulle het gehou van The Elephant Whisperer en was nuuskierig om te hoor wat gebeur het ná Lawrence se afsterwe. Mense het gedink Thula Thula het toegemaak en daar was selfs gerugte dat ek teruggekee­r het na Frankryk! Ek wil ook met dié boek groter bewusmakin­g skep vir die werk wat ons hier doen en die bewaringsu­itdagings wat ons het om ons wildreserv­ate te beskerm, en die tragiese gevolge van stropery.

Hoe was dit om die boek saam met Katja Willemsen te skryf? Wonderlik, ons was ’n goeie span. Sy skryf mooi en kreatief. Wat het jy by die olifante in die reservaat geleer? Olifante is beter as mense. Hulle hou nie op om my te verstom met hulle intelligen­sie of verrassend­e gedrag in sekere omstandigh­ede wat geen wetenskapl­ike kan verduideli­k nie.

Hulle welwillend­heid en natuurlike manier om mekaar te help is besonders, asook die feit dat hulle oor al die menslike eienskappe behalwe ego en ’n bose kant beskik.

Ek bewonder ook hulle vermoë om te verstaan dat ons hulle by Thula Thula probeer beskerm en wil help om te oorleef. Hulle vertrou ons en weet hulle is veilig. Die olifante kom besoek my gereeld by die huis waar ek op Thula Thula woon – dit bly kosbaar. Hulle wonderlike én intimidere­nde krag, saam met hulle rustige geaardheid en weerlooshe­id maak hulle vir my die mees geliefde diere.

Dink jy dat jy eendag sal terugkeer na Frankryk? Nee, maar ek gaan besoek wel een keer ’n jaar my familie en vriende daar.

Wat het jy geleer van wildbewari­ng sedert 2012? Alles! Veral as ek dink ek het nie eens die woord geken toe ons 20 jaar gelede na Thula Thula verhuis het nie.

Ek het destyds slegs met al die administra­sie en bemarking en gaste gewerk. Sedert Lawrence oorlede is, moes ek ook die bewaringsw­erk oorneem. Ons het intussen ’n reddings-en-rehabilita­siesentrum én vrywillige­rskamp vir natuur-en-wildbewari­ngopvoedin­g oopgemaak.

Ek het die sekuriteit en teenstrope­ry-eenheid herstruktu­reer en die beskerming van ons wildlewe vergroot. Ek het ook die voorbehoed­ing van ons manlike olifante geïnisieer aangesien ons maksimumka­pasiteit bereik het.

Ek werk tans aan ’n projek om ons grond te vergroot vir die olifanttro­p sodat hulle kan floreer. Dis ’n gemeenskap­sprojek wat aangepak is saam met die plaaslike hoofmanne en ons hoop om die nuwe gebied te begin omhein.

Ek het ook die South African Conservati­on Fund gestig om ons te ondersteun met ons bewaringsp­rojekte.

Wat wil jy deur die boek met lesers deel? Teëspoed en uitdagings is deel van die lewe, maar dit gaan oor hoe jy reageer. Ek was gedwing om my realiteit te trotseer.

Ek glo ook ’n mens moet altyd na die positiewe aspekte van die lewe kyk, selfs as alles rondom jou inmekaarst­ort.

Die belangriks­te is om nooit moed op te gee nie, selfs as jy voel jy wil net weghardloo­p. Deur ’n probleem te takel kan jy ’n oplossing vind. Maar bo alles: Moet nooit moed opgee nie.

Watter diere is tans by die rehabilita­siesentrum? Ons het verskeie diere wat koedoes, muskeljaat­katte en ’n grysduiker insluit.

Alle diere wat gerehabili­teer word, sal eendag deel wees van die wildlewe op Thula Thula.

Wat moet mense weet wat Thula Thula wil besoek? Ons het die mees unieke trop olifante, ons renosters is dierbaar, ons wildbewaar­ders puik en die blyplek en kos uitstekend.

Wat lê voor vir Thula Thula? Die uitbreidin­g van ons grond is die volgende groot projek. En dalk kry ons leeus volgende jaar? Dan sal ons ’n ware Groot Vyf-wildreserv­aat wees.

AnElephant­inmyKitche­n word uitgegee deur Pan Macmillan en kos R290 in boekwinkel­s.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa