Weg!

Wanderlust – A History of Walking

deur Rebecca Solnit, Granta

-

Rebecca Solnit is ’n bekende Amerikaans­e skrywer, geskiedkun­dige en aktivis wat reeds 20 boeke op die rak het. Wanderlust is reeds in 2001 gepublisee­r en in 2014 heruitgege­e. Enigeen wat al ver en lank gestap het, behoort saam met Solnit te stem wanneer sy skryf: “Walking, ideally, is a state in which the mind, the body, and the world are aligned, as though they were three characters finally in conversati­on together, three notes suddenly making a chord. Walking allows us to be in our bodies and in the world without being made busy by them. It leaves us free to think without being wholly lost in our thoughts.”

Solnit ontsluit die geskiedeni­s van stap op ’n fassineren­de manier: Sy put uit inspirasie van die Griekse filosowe, die Romantiese era se digters, groot figure in wêreldlett­erkunde en bergklimme­rs.

Sy skryf met insig en deernis oor alle maniere van stap: labirinte, die platteland, berge, pelgrimsto­gte en selfs protesopto­gte op straat.

Wanderlust is ’n ongewone boek wat jou op nuwe maniere sal laat kyk na iets so eenvoudigs en alledaags soos stap. R259 by takealot.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa