Weg!

KLASSIEKE AFRIKAANS

-

Weg stof ’n klassieke Afrikaanse boek af.

Huppelkind

deur W.O. Kühne Tafelberg, 1958 (nuwe heruitgawe in 2018; R245) Met’nwipen’ntrapseilH­uppeloordi­epolle–trippel-trippeldeu­rdiegrassi­es, huppel-huppeloord­ieplassies.Hypeildiek­anttoeendi­ewolkeseil­daardiekan­t toe,endievleiw­indplukaan­sykuif.O,hyvoelsole­kkerverspo­t.Huppel-huppel saammetdie­wind,trippel-trippel,Huppelkind! Ek het as sesjarige ure lank in my ouma Charlotte Rens se woonstel op Uitenhage op die mat gelê en deur die ses dun Huppel- boekies geblaai. Dit was saam met die destydse Afrikaanse Kinderensi­klopedie van die eerste Afrikaanse stories wat ek geniet het. Wilhelm Otto Kühne (1924-1988) is gebore op Graaff-Reinet en het later as ’n onderwyser, joernalis en jeugskrywe­r gewerk. Hy het 20 kinderboek­e geskryf. Sy Huppel- boeke, wat van 1958 tot 1960 as 6 afsonderli­ke verhale uitgegee is, was van meet af aan baie gewild en word vandag beskou as klassieke Afrikaanse kinderlite­ratuur. Kühne was in 1960 die eerste ontvanger van die C.P. Hoogenhout-toekenning vir die laaste boek in die reeks, Huppel verjaar. Vanjaar het Tafelberg ’n nuwe heruitgawe, en vir die eerste keer is al die verhale in een bundel, met Kühne se vrou, die illustreer­der Dorothy Hill Kühne, se mooi illustrasi­es. ’n Nuwe geslag lesers (die boek is gemik op kinders van tot ses jaar oud) kan nou kennis maak met hierdie gawe karakter en sy oupa: Indiemidde­lvandiewêr­eldindiemi­ddelvan’nvlei,het’nvrolikekn­apiebysy oupagebly.SynaamwasH­uppel.Diehuisiei­ndiemiddel­vandiewêre­ldindie middelvand­ievleisena­amwasAan-die-Beek.Endiestraa­tjievoordi­ehuisiein diemiddelv­andiewêrel­dindiemidd­elvandievl­eihetook’nnaamgehad.Sy naamwasKro­m-en-skeef.Huppelseou­pawas’nvisser.Bedagsheth­ysyhoeke indiediepk­uiletussen­dierietela­atsak.Snagshethy­synetteind­iestroom gespan.DansitHupp­elmaarindi­emiddelvan­dievloer,indiemidde­lvandie huisie,indiemidde­lvandiewêr­eld,indiemidde­lvandievle­ienspeel. Maar Huppel sit nie net heeldag in die huisie nie. Hy wil graag ’n maatjie hê en gaan op ’n avontuur op soek na Lekkerland. Hy ontmoet karakters soos Fiefman, Vlak-Floors en Steek. Vlak-Floors het ook twee handlanger­s, die waterdrupp­els Wielie en Walie, wat sy waterwa vir hom dra. En dan is daar ook Vlei-Floors, ’n groot lummel met bakore...

Met die herlees van Huppelkind is ek opnuut bewus van Kühne se liriese skryfstyl: Die Lekker land se pa dis’ n lang, lang pad wa tin die rondte loop. Hy slinger deur die bosse en hy kronkel om die rante tot daar waar sy end moet wees. En dáár begin hy weer! Hy dwaal deur die vlei eenh y boggel oor die bul teen opeen plek raak hy weg. Maar onder die braambos begin hy wee ren hy drentel alom e nomen om die diep kuil vol soetwater wat nooit opdroog nie. W.O. Kühne se Huppelkind word nie verniet op eie bodem in dieselfde asem genoem as A.A. Milne se Christophe­r Robin-karakter nie. Dis klassieke Afrikaans op sy beste!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa