Weg!

TOEGANG TOT TANZANIË SE NASIONALE PARKE

-

Dis duur omdat jy in Amerikaans­e dollar gelooi en oor dieselfde kam geskeer word as ander oorsese toeriste. Ruaha, Mikumi, Katavi en Mkomazi val in die goedkoper kategorie en kos US$36 (R483) p.p.p.d. (kinders jonger as 16 kry afslag). Arusha, Tarangire en Manyaramee­r is een trappie hoër teen US$53 (R711) p.p.p.d. en Serengeti kos US$71 (R952) p.p.p.d. Voertuigto­egang kos oral US$48 (R644) per dag en kamp vanaf US$36 (R483) p.p.p.n. Party parke het goedkoop rondawels ( bandas) wat soms dieselfde kos as kamp. Let wel: Hierdie pryse sluit 18% BTW in. Jy betaal gewoonlik met ’n kredietkaa­rt by ontvangs, maar hou kontant (dollar) byderhand. tanzaniapa­rks.go.tz

Sien kassie op bl. 36 vir Ngorongoro (dis nie ’n nasionale park nie).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa