Weg!

JASON RIDGE

@jasonridge_ Canon EOS 77D Canon 10-18 mm-lens en Brother Housings Carbon X-onderwater­huls

-

JASON VERTEL: Ek was by Sardiniaba­ai buite Port Elizabeth om branders af te neem, maar dié dag was daar aanvanklik nie veel golwe nie. Ek het in die see rondgehang vir so ’n uur of wat en het meestal onderwater­foto’s geneem. Uiteindeli­k het ’n skaflike stel branders ingerol en kon ek hierdie foto neem.

Ek het in 2014 begin branders afneem toe ek my eerste GoProkamer­a gekry het. Ek was toe maar 15 jaar oud en het nie veel verwagting­e gehad nie – ek het net met die kamera rondgespee­l. Maar toe ek later by die huis die foto’s aflaai, was ek aangenaam verras. En dis waar my fassinasie met branderfot­ografie begin het!

TOAST SÊ: My binnelands­gebore lyf is nie vir die see gemaak nie. Sit my op ’n boot en ek raak seesiek. Plak my op ’n strand en ek kry sonbrand. Gooi my in die water en ek sink. En elke slag as ek probeer asemhaal terwyl ek swem, is dit asof die see aspris ’n beker vol soutwater in my mond stop.

Maar dit is vir my eindeloos lekker om te kyk hoe branderpla­nkryers die energie van die see bemeester wanneer hulle in die krul van ’n brander klim.

Die manier hoe branderpla­nkry afgeneem word, het oor die afgelope dekade baie verander. In die verlede het die fotograwe meestal met lang zoemlense van die strand af foto’s geneem – op ’n veilige afstand van die soutwater wat soveel skade aan jou duur kameratoer­usting kan aanrig.

Onderwater­hulse (en geheel en al waterdigte aksiekamer­as) het egter meer algemeen geword en nou is dit makliker om ín die golwe te staan met ’n wyehoeklen­s aan jou kamera.

Jy kry dus ’n beter perspektie­f op die argitektuu­r van die golf, en ’n meer persoonlik­e blik op die plesier van die branderpla­nkryer.

Aksiekamer­as soos die GoPro het ook vir ’n revolusie gesorg. Elke derde tiener kan nou met ’n GoPro (met ’n onderwater­huls) die branders invaar en ordentlike foto’s neem.

Ek is mal oor Jason se foto, want dit wys vir my hoe perfek die natuur kan wees. Dag en nag, sonder dat jy ’n vinger hoef te verroer, rol volmaakte branders in daar by Sardiniaba­ai en duisende ander strande reg oor die aardbol. Lekker, nè?

Jason, dankie dat jy foto’s soos hierdie neem sodat landrotte soos ek ook kan sien hoe lyk die binnekamer van ’n golf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa