Weg!

BERTUS BOTHA

iPhone SE

-

BERTUS SKRYF: Ek en my vrou was op vakansie in Jeffreysba­ai en het besluit om vir die dag deur te ry na St. Francisbaa­i. Dié foto is geneem naby die Seal Point-vuurtoring.

Soos die seewater deur die rotse spoel, maak dit groewe en holtes waar klein poele water lê. Ek het afgebuk om die selfoon naby die poel se oppervlak te hou.

Dis hierdie perspektie­f wat die klein poeletjie, wat maar enkeldiept­e is, laat lyk soos ’n groot meer met omringende kranse.

TOAST SÊ: Lank lewe die selfoonkam­era! As jy jou foon se kamera reg gebruik – binne perke van sy vermoëns – kan jy gehaltefot­o’s neem. Die belangriks­te ding is om ’n bietjie verbeeldin­g te gebruik. Hoe kan jy die toneel voor jou op ’n vars manier afneem?

Omdat daar niks spesifieks is om na te kyk nie, word die simmetrie in Bertus se foto voorop gestel. Dit werk twee kante toe. Links en regs het jy die rotse wat byna spieëlbeel­de van mekaar is. En dan het jy die spieëlglad­de wateropper­vlak wat die lug weerkaats – én die rotswande. Dubbel die plesier!

Ek hou ook van die groen seewier. Die afwesighei­d van enigiets wat vir jou skaal sou kon gee (soos byvoorbeel­d ’n voëltjie) veroorsaak dat die toneel byna soos ’n vallei lyk. Dit goël met jou oë. Die groen seewier gee dit ’n anderwêrel­dse gevoel, so asof dit die stel is van een of ander toneel in ’n fliek soos Lord of the Rings.

Eenvoudig... én slim!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa