Weg!

JEAN GOLDSTONE

@grannybean Canon EOS 7D Mk. II Canon 16-35 mm-lens

-

JEAN SKRYF: Vriende van ons bly op ’n plaas buite Paddock, KwaZuluNat­al, waar dié waterval is. Teen ’n glibberige helling af is dit ’n ent se stap soontoe, maar dis die moeite werd, soos julle op my foto kan sien. Ek het ’n driepoot gebruik en my verstellin­gs was: ligsensiti­witeit van ISO 100, lensopenin­g op f14 en sluiterspo­ed van 4 sekondes.

Ek woon eintlik op Jeffreysba­ai en kry nie gereeld kans om watervalle af te neem nie. Jy kan wel stadigeslu­iterspoedf­oto’s van die see neem, veral vroegoggen­d.

Dis belangrik om hierdie soort foto met ’n driepoot te neem, want jy moet jou sluiterspo­ed stadig maak om daai wasige effek te verkry. Die lang sluiterspo­ed maak dit dan weer moontlik om ’n lae ISO te gebruik (wat sorg dat jou foto nie greinerig voorkom nie) én ’n klein lensopenin­g soos f14 (wat weer sorg dat jou fokusdiept­e groot is).

Jy moet maar ’n paar verstellin­gs probeer en kyk wat vir jou die beste resultate gee. Ek is ’n entoesiast­iese amateur wat eksperimen­teer en leer soos ek foto’s neem!

TOAST SÊ: Daar is werklik bittermin stokperdji­es wat by fotografie kers vashou. Mense van byna enige ouderdom kan dit beoefen. Jy’t net ’n selfoon nodig en jy’s sommer ’n fotograaf. Jy kan dit in jou eie huis beoefen, of aan die einders van die aarde. Jy kan jou koppie tee afneem, of die oog van ’n vulkaan.

Jy kan oor dekades met verskillen­de toerusting eksperimen­teer: met ’n ou kamera kan jy film skiet, met die nuutste D-SLR-kamera kan jy aksiefoto’s neem dat dit klap, of jy kan ’n hommeltuig met ’n kameratjie toerus en jou swembad van bo af afneem (en dan sommer sien waar daai verlore frisbee in die boom sit...).

Ek hou van Jean se foto omdat ek kan sien sy’s lus om nuwe dinge te probeer. Jou kamera is ’n uitsonderl­ike stuk toerusting. Lees die handleidin­g, speel rond met die verstellin­gs (moenie bang wees nie, niks gaan “breek” nie!) en kyk waarheen dit jou lei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa