Weg!

RINA VAN DER MERWE

iPhone 6

-

TOAST SÊ: Om teen sononder saam met jou hond in die veld te gaan stap is so deel van plaaslewe se roetine soos bakkie ry en beskuit bak. Rina het hierdie foto op die plaas Bloubuffel in die Vryburgdis­trik, Noordwes, geneem.

Kyk hoe die draad jou oog lei van die voorgrond (regs in raam) na waar die hond staan, en dan verder na die horison. Hoekom is dit belangrik? Dit help dat jy na méér as net die sonsonderg­ang kyk, wat gewoonlik met al sy vuurwerk die meeste van die aandag kry.

Met ’n selfoonkam­era het jy gewoonlik minder verstellin­gs tot jou beskikking. Ja, jy kan inzoem, maar dan verloor jy gehalte. Dis beter om jousélf rond te skuif. ’n Mens kan sien dat Rina hier nader aan haar voorwerp gestap het, en toe op haar hurke gaan sit het om die perspektie­f sterker te maak. Dis hoekom die draad duidelik bo die horison uitstaan.

Indien sy die hond ook só sou wou laat uitstaan, kon sy nader na die hond beweeg en die kamerahoek nog laer gemaak het.

Goeie werk!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa