Weg!

T-beensteak met ’n roomsous

-

Vir 4

Voorbereit­yd 15 minute Kooktyd 10 minute

’n Happie sappige steak, ’n happie kraakvars blare en ’n happie romerige sous... dit smaak mos sommer soos somer, man!

Jy benodig

• 6 ansjovisfi­lette • 1 eetlepel Dijonmoste­rd • 1 eetlepel suurlemoen­sap • ½ koppie suurroom

of crème fraîche • 4 T-beensteaks • gemaalde growwesout en swartpeper na smaak • 2 klein gem- slaaikoppe, gewas

Só maak jy

1 Kap die ansjovisfi­lette so fyn as moontlik en meng dit met ’n vurk goed met die mosterd, suurlemoen­sap en crème fraîche. Hou dit in die yskas totdat jy dit nodig het.

2 Sorg dat die steaks kamertempe­ratuur is voordat jy dit braai. Geur dit met sout en peper en braai dit dan ongeveer 4 minute aan ’n kant of volgens jou smaak tot gaar. Haal die vleis van die rooster af en laat dit rus.

3 Sny die steak in skyfies en bedien dit op die slaaiblare met die sous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa