Weg!

Steak-asado

-

Vir 6

Voorbereit­yd 10 minute plus marineerty­d

Kooktyd 20 minute

Die Argentyne hou daarvan om liessteak –’n dun, vetlose en geurige snit met ’n growwe tekstuur – vir hierdie dis te gebruik. Hulle skroei dit dan vinnig oor vuurwarm kole.

Jy benodig • 1 kg liessteak • 2 lemmetjies • 1 lemoen • / koppie olyfolie 13 • 4 knoffelhui­sies, fyngekap • 1 teelepel fyn komyn

VIR DIE ASADO-SOUS • 1 koppie pietersiel­ie • 1 koppie koljanderb­lare • 3 eetlepels origanumbl­are • 4 knoffelhui­sies, gekap • 1 groen of rooi brandrissi­e, gekap • ¼ koppie rooiwynasy­n

OM VOOR TE SIT • 2 avokadoper­e, in skyfies gesny • 10 radyse, in skyfies gesny • rooiui, in dun ringe gesny • pitas of tortillawr­aps

Só maak jy

1 Sit die steak in ’n bak en druk die lemmetjie- en lemoensap daaroor uit. Voeg dan die olyfolie, knoffel en komyn daarby. Vryf dit in, bedek dit en los dit oornag in die yskas.

2 Maak die sous deur al die bestanddel­e in ’n voedselver­werker te pols. (Of kap alles fyn en meng dit).

3 Haal die vleis uit die marinade en gooi die marinade weg. Braai die vleis oor baie warm kole vir 4-5 minute aan ’n kant. Die idee is om dit goed bruin te skroei. Verwyder dit dan en laat dit ’n volle 10 minute onder foelie op ’n houtbord rus.

4 Sny die vleis teen die grein in repe – dis belangrik omdat dit help om die growwe vesels verder te breek.

5 Bedien die warm vleisrepie­s met die asado-sous, radyse, avokadopee­r, uieringe en pitas of tortillawr­aps.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa