Weg!

Rooi is vir vleis

- – Cathy Marston

Dis dalk ’n cliché om rooiwyn saam met vleis te bedien, maar daar lê wetenskap daaragter: Die proteïen en vet in ’n sappige steak help om die tannien in die wyn ’n bietjie te versag – so ook die geurmiddel­s wat enige goeie kok by sy vleissnit sal voeg voor dit gaargemaak word. Hier is drie lekker rooiwyne om te probeer.

Suid-Afrika het nie juis baie malbecs nie, maar daar is nie ’n beter variëteit om saam met vleis te drink nie – vra maar vir enige Argentyn! Malbec is inkswart met baie donker, digte vrugtegeur­e, en hoewel dit oorspronkl­ik uit Bordeaux en die aangrensen­de Cahorsstre­ek kom, word dit deesdae heeltemal met die land van Lionel Messi vereenselw­ig. Een van ons plaaslike malbecs – die Bellevue Malbec 2014 (R110) – sou sonder skaamte in Mendoza kon uithang. Dis heerlik en donker met net ’n titseltjie parfuum om dinge ’n bietjie ligter te maak.

As jy op soek is na meer elegansie en parfuum, is ’n pinot noir die wyn vir jou. Lourensfor­d het pas ’n nuwe etiket bekend gestel, naamlik The Dome. Een wan die mees noemenswaa­rdige dinge oor die The Dome Pinot Noir 2016 is die prys – teen net R135 per bottel moet dit een van die pinot noirs in die land wees wat die beste waarde vir geld bied. Dis vol sappige rooi vrugte met spore van leer en speserye – die ideale pasmaat vir eend of wildsvleis.

As jy besluit om ’n stuk graangevoe­rde steak te koop van ’n plaas wat volhoubaar boer, moet jy dalk ’n ewe goeie wyn byvoeg. Die Glenelly Lady May 2012 (R490) is een van die beste Bordeauxve­rsnitte in die land, gemaak met Franse kennis en Suid-Afrikaanse sonskyn. Dis ryk dog elegant met laag op laag geure – ’n ware fees vir die sintuie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa