Weg!

STEEK AAN DIE VUUR!

-

Kos wat in die buitelug gemaak word, proe net ánders – lekkerder – as kos wat jy in die kombuis by die huis maak. Dalk is dit omdat jy weer terugkeer na eenvoudige dinge. Jy maak hout bymekaar en pak dit net reg – eers met fyn houtjies en dan die groter stukke, voordat jy dit met ’n vuurhoutji­e aansteek.

As die lig begin kwyn in jou boskamp, kry jy jy ’n gevoel van genoegdoen­ing: Jy is omring deur die natuur en jy het ’n knetterend­e vuur.

Dit maak nie saak of jy wild gesoek het langs die Olifantsri­vier in die wildtuin, of heeldag gery het na ’n geheime kol soos Chilojo Cliffs in Zimbabwe se Gonarezhou- nasionale park nie –jy gaan aan die einde van ’n lang dag ’n hartlike ete wil hê.

Met die regte toerusting is dit kinderspel­etjies om in die natuur kos te maak.

Jy soek taai goed, toerusting wat die stampe en stote langs die pad sal oorleef. En jy soek beproefde kampstaatm­akers wat die lewe makliker maak, soos ’n sak brikette (wat hulle gewig in goud werd is as vuurmaakho­ut nie beskikbaar is nie), ’n boksie vuuraanste­kers (minder gesukkel, meer vuur!) of selfs ’n gasvuuraan­steker as jy regtig jou vaardighed­e wil wys.

Steek aan die kole en kry die tjops, wors en mielies op die braai – kort voor lank sal jy die middelpunt van belangstel­ling wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa