Weg!

DIE ÁNDER CAMINO

- FOTO’S GERDA ENGELBRECH­T

Het jy al die Camino de Santiago in Spanje gestap en lus vir ’n soortgelyk­e ervaring? Of sien jy nie kans vir die duisende stappers onderweg na Santiago de Compostela nie? Wat van die epiese Via Francigena-pelgrimsto­g wat strek oor 1 700 km en in Italië eindig? Gerda Engelbrech­t vertel meer.

Vererg toet ’n motoris langs my. My stapmaat Gerhard, ’n Nederlande­r wat ek net meer as ’n week gelede op my eerste dag in Italië ontmoet het, staan en kopkrap met ’n kaart van Rome in sy hande. Sy gesig is reeds rooi van die stap, al is dit nog nie negeuur die oggend nie.

Ek wonder weer hoe ’n epiese staptog op so ’n antiklimak­s kan afstuur. Dis dag 9 op die Via Francigena, en ek het 8 nagte tevore in die piepklein Toskaanse dorpie Radicofani weggesprin­g. Nou, nadat ek riviere en berge oorgesteek het, soms in die gietende reën, staan ek en Gerhard taamlik druipstert aan die buitewyke van Rome.

Dis Palmsondag en Rome is ongewoon besig. Ons moet besluit of ons die antieke Via Cassia-roete, wat hier ’n vierbaanho­ofweg geword het, tot by die Vatikaan gaan volg waar die Via Francigena amptelik eindig, of met die “stiller” Via Trionfale tot daar gaan stap. Maar albei paaie lyk woes besig.

Die Via wát?

Nadat ek verlede jaar in September die laaste 329 km van die Camino de Santiago in Spanje gestap het, het ek toevallig raakgelees dat Italië sy eie weergawe van dié Spaanse pelgrimsre­is het. Die staptog word die Via Francigena (“Fran-tsjie-tsjie-na”) genoem. En tot op hierdie oomblik was elke tree onvergeetl­ik, epies en beeldskoon.

As jy op ’n pelgrimsro­ete wil gaan “om jou kop skoon te kry,” is die Via Francigena die roete vir die hoërgraadg­roep. Waar die Camino de Santiago in Spanje rofweg oor 900 km strek (van St. Jean af tot by Finisterre), loop die Via Francigena oor ’n stywe sowat 1 700 km – van Canterbury in Engeland, deur dele van Frankryk en Switserlan­d, en van die noorde van Italië tot by die Vatikaan in Rome.

Hoewel hier meer as een roete op die Via Francigena is (ken jy die uitdrukkin­g “alle paaie lei na Rome”?), volg die Via Francigena amptelik die roete wat in die tiende eeu deur Sigerik, die nuut aangesteld­e aartsbisko­p van Kantelburg, gevolg is om sy pallium (sy ampskleed) van die pous in Rome te ontvang. Sigerik het sy roete in 90 skofte aangeteken wat vandag nog min of meer gevolg word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa