Weg!

Kom toer saam!

Kom saam met Weg en Bhejane 4x4 Adventures op ’n begeleide selfry-kamptoer deur die Kgalagadi-oorgrenspa­rk en die Kalahari-woestyn.

-

DAG 1 Ons avontuur deur die Kalahari begin by die eerste kampplek – Twee-Rivieren in die Kgalagadio­orgrenspar­k. ’n Laatmiddag-wildrit is opsioneel. Ná die lang rit kan jy in die swembad afkoel.

Die aand om die kampvuur kan almal mekaar beter leer ken terwyl ons weglê aan aandete wat deur ons bossjef voorberei is.

DAG 2 & 3 Ons mik vandag vir Nossob, waar ons die volgende twee aande bly. Langs die pad maak ons ’n draai by die Auchterlon­ie-museum waar jy meer oor die park se geskiedeni­s leer en ons stop vir middagete. Wanneer ons by die kamp aankom, staan ons tente en koffie en tee reeds vir ons en wag.

Die volgende dag begin met koffie en beskuit vroegoggen­d, waarna jy die kamp kan verken of ’n wildrit kan doen. By die watergat naby die kampplek hou ook dikwels mooi diere, as jy verkies om net hier te bly.

DAG 4 & 5 Ons staan vroeg op, eet ’n ligte ontbyt en mik dan noord oor die Nossobrivi­er tot in die Botswanade­el van die park.

Ons bestemming is die Kaa-hek. Dis ’n mooi rit deur duineveld. Ons eet middagete langs die pad. Ons verlaat die park deur die Kaa-hek en ry nou in gemeenskap­skonsessie­gebiede.

Ons reis die volgende twee dae deur een van die wildste en mees afgeleë plekke in Suider-Afrika.

Ons volg tweespoorp­aaie deur die rooi Kalahari- sand en grasveld.

Die gebied is bekend vir sy laagliggen­de panne waar elande, springbokk­e, gemsbokke en die ikoniese Kalahari-leeus hulle dors kom les. Ons beweeg in ’n deel waar die wild vrylik rondloop – ’n wildernisg­ebied meer as twee keer groter as die Krugerwild­tuin. Die voertuie se spore is eintlik al bewys van mensgemaak­te goed wat jy hier sal sien. Hier is ook min ligbesoede­ling en die hemelruim en afgesonder­dheid sal jou gou tot rus laat kom.

Ons kamp hierdie twee aande langs twee van die soutpanne.

DAG 6 & 7 Ons val weer vroeg in die pad en ry na die Botswanado­rpie Hukuntsi in die noordelike deel van die konsessieg­ebied, waar ons ons water- en brandstofv­oorraad aanvul.

Ons ry dan weer suid, na Mabuasehub­e aan die Botswanaka­nt van die Kgalagadi-oorgrenspa­rk. Ons kampplek is op die rand van Mabua-pan.

Beleef onvergeetl­ike Kalahari-sonsonderg­ange en kyk wild rondom die park. Leeus, luiperds, jagluiperd­s, ratels en bruinhiëna­s is algemeen in die gebied.

DAG 8 Ná ontbyt pak ons op en begin ons reis huis toe. Ons ry in konvooi tot by die dorpie Tshabong, waar ons moet groet. Van hier af is dit sowat 20 km op ’n teerpad tot by die grenspos en nog ’n verdere 215 km tot op Kuruman. HOEVEEL KOS DIT? Koste R11 000 p.p.; halfprys vir kinders jonger as 10. (BTW uitgesluit)

HOE LANK IS DIE TOER? 8 dae, 7 nagte, (tenteverbl­yf)

TOERDATUMS 9-16 Februarie 2019 22 Februarie-1 Maart 2019

INGESLUIT BY DIE PRYS

• Kamptariew­e

• Toegangsta­riewe vir parke

• Alle geadvertee­rde aktiwiteit­e

• Tente, eetgerei en breekware

• Drie maaltye per dag, plus tee en koffie in die kamp

• Profession­ele toerleier en gidse

• Tweerigtin­gradio-kommunikas­ie

WAT JY MOET BRING

• Jou eie voertuig (brandstof is vir jou sak, asook grensposta­riewe en padbelasti­ng)

• Jou eie matras, slaapsak en ander kampbeddeg­oed

• Kampstoele

• Drinkgoed en versnaperi­nge

• Versekerin­gsdekking vir mediese noodgevall­e en ontruiming­s

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa