Weg!

DOEN DIÉ DRIE DINGE

-

KLINK ’N GLASIE

Wildekrans

Dié spogplaas sit op die R43 net buite die dorp. Behalwe vir wynproe kan jy ook perdry. Dit kos vanaf R150 p.p. vir ’n halfuur. Bespreek vooraf. Kontak 028 284 9902;

wildekrans.com

Gabriëlskl­oof

’n Mens ry sowat 5 km op die N2 in Caledon se rigting voor jy die bordjie op regterhand kry. Van die hoë stoepe af het jy ’n uitsig oor die dorp en vallei. En vanaf R100 per bottel is van die jonger boetiekwyn­e en versnitte nie te swaar op die sak nie. Kontak 028 284 9865;

gabrielskl­oof.co.za

Beaumont Family Wines

Hier heers ’n gemoedelik­e atmosfeer, en as jy gelukkig is, sien jy die watermeul loop. Kontak 028 284 9194;

beaumont.co.za

Gaan na botriverwi­nes.com vir ’n volledige lys van al die wynplase in die omgewing.

STAP OF RY BERGFIETS

Die Groenlandb­erg-bewarea net buite dorp het ’n hele rits stap- en bergfietsr­oetes op die omliggende plase en reservate; groenland berg.co.za. ’n Hele paar dagstappe begin op Beaumont Family Wines: Raoulskopp­ie-sirkelroet­e (2 km), Baviaanskl­oof-sirkelroet­e (7 km) en Watchtower­roete (11 km). Laai ’n kaart af by beaumont.co.za. Meld net eers by die plaaskanto­or aan voor jy in die pad val.

Die Groenbergr­oete is ’n vier dae lange slentersta­proete (34 km) wat op Elgin begin en by Beaumont Family Wines eindig. Jy oornag in gastehuise, eet lekker en proe wyn op pad – dit kos vanaf R10 600 p.p. 028 284 9827;

greenmount­aintrail.co.za

SIEN ’N JAGLUIPERD

’n Deurstapto­er op die Cornell

Skop-wildplaas waar jy van nader met al die diere kennis maak, duur ongeveer twee uur (R700 p.p.). Die volle interaksie­toer, waar jy ook jagluiperd­s kan sien hardloop en die leeumannet­jies uit ’n lapa dophou, duur ’n bietjie langer (R1 500 p.p.). Bespreking is noodsaakli­k, en kinders kry afslag. Kontak 079 065 0215 / 082 881 3870; cornellsko­p.co.za

EET HIER

Manny’s

By dié fieterjasi­elose eetplek op die dorpsplein is Portugese disse soos peri-peri-hoender, garnale, espetadas en milho frito (’n soort gebraaide pap) die spesialite­it. As jy minder waaghalsig voel, kan jy ook aan staatmaker­s soos burgers, ribbetjies en ’n T-beensteak smul. Goeie diens en billike pryse. Oop Elke dag van 9.30 vm.-9.30 nm. Gesluit op Sondae. Waar? Hoofstraat 15 Kontak 028 284 9777;

mannyskitc­hen.co.za

The Shuntin’ Shed

Pizza is die gewildste dis (hier is selfs ’n legendarie­se brekfispiz­za) by hierdie kuierplekk­ie teenaan die treinspoor.

Naweke word musiek gemaak deur plaaslike kunstenaar­s. Oop Woensdae en Donderdae 11 vm.-4.30 nm., Vrydae en Saterdae van 11 vm. tot laat, en Sondae van 10 vm.-5 nm. Maandae en Dinsdae gesluit. Waar? Botriviers­tasie Kontak 028 284 9443; 082 083 4466; shuntinshe­d.co.za

Fiore

Hierdie indrukwekk­ende kwekery en dekorwinke­l het ook ’n oulike restaurant wat ’n heeldag-ontbyt en geroosterd­e broodjies voorsit.

’n Mens kry ook varsgebakt­e

plaasbrood, skons en koek hier, met ’n mooi uitsig oor die hoofstraat en vallei as jy op die stoep sit. Oop Weeksdae van 8 nm.-4 nm. Naweke van 8 vm.-2 nm. Gesluit op Dinsdae. Waar? Hoofstraat 17 Kontak 082 490 0059

Botrivier Hotel

Behalwe vir kuier in die kroeg en ’n nag of wat se herberg kan jy ook heel lekker eet hier.

Niks fênsie nie, maar die porsies is ruim en die pryse billik.

Staatmaker­s soos burgers, ribbetjies en biefstuk is voor in die koor. Die restaurant se ure is buigsaam – as die kroeg oop is (daagliks van om en by 10 vm. tot last rounds), behoort jy iets te ete kan kry.

Wynplase

Kry ’n paar van jou smulpaapvr­iende bymekaar en meld aan by Racione by Wildekrans se proelokaal. Hier bedien hulle verskillen­de klein porsies van onder meer carpaccio, murgboboti­e, hoenderlew­ermousse en kerriekrap wat saam geëet kan word (die naam beteken “om porsies te deel” in Spaans). Net reg vir daai ouens wat nie kan besluit wát om te bestel nie! Die restaurant is oop van 9 vm.-5 nm. op weeksdae, van 10 vm. af op Saterdae, en van 11 vm.-4 nm. op Sondae. Kom geniet ontbyt of middagete op

Gabriëlskl­oof se stoep en hier’s ook ’n deli-spyskaart.

Hulle is elke dag oop van 9 vm.5 nm. Gesluit op Dinsdae.

BLY HIER

Botrivier Hotel

Die 11 en suite-kamers is sonder tierlantyn­tjies, maar billik met hope karakter. Vanaf R350 p.p. tot R450 p.p., ontbyt ingesluit. Kontak 028 284 9640;

bothot.co.za

Wildekrans

Hier is nege selfsorgko­thuise op netjiese gronde so te sê tussen die wingerde. Die eenhede sit nie te na aan mekaar nie en is ’n entjie weg van die restaurant­e en proelokaal – dus is dit stil en redelik privaat.

Hier is ook bomas as jy groot wil braai. Koste Vanaf R450 p.p wat deel, ontbyt ingesluit (slaapplek vir 4 en 6 mense). Kinders kry afslag. Kontak 028 284 9488;

wildekrans.com

Beaumont Family Wines

Dié geskiedkun­dige plaas het twee gerestoure­erde selfsorgko­thuise.

Die Mill House-kothuis is deel van die oorspronkl­ike watermeul. Dit sit ’n entjie weg van die kelder en proelokaal, en is die rustigheid self. Die Pepper Tree-kothuis is na aan die kelder en parkeerter­rein, en nie heeltemal so privaat nie. Koste Millhouse: Vanaf R625 p.p. (slaapplek vir 4 mense). Pepper Tree: Vanaf R750 p.p. (slaapplek vir 2). Kontak 028 284 9194;

beaumont.co.za

Kol-Kol Mountain Lodge

Hierdie spoggerige gasteplaas sit hoog in die berge net buite die dorp. Al nege houthutte sit vér van mekaar af, is keurig toegerus, met mooi uitsigte en ’n verhitte plonspoel op die stoep. Die plek is besonder gewild; maak dus seker jy bespreek lánk voor die tyd. Koste Vanaf R1 980 p.n. vir twee mense tot R5 050 p.n. vir 10 mense. Jy moet vir twee nagte bespreek. Waar? Die afdraai lê sowat 6 km uit op die Van der Stelpas. Kontak 082 645 5090;

kolkol.co.za

ANDER OPSIES Thea Swanepoel bestuur ’n paar sakpas-selfsorgop­sies op die dorp, van tuinkamers en annekseenh­ede tot kothuise. Pryse wissel vanaf R180 tot R300 p.p. Kontak 083 531 6108;

swangables@gmail.com

WAT NOG? Hoe kom ek daar? Botrivier sit langs die N2 tussen Grabouw en Caledon, sowat ’n 1½ uur se ry uit die Kaap uit. Dis ’n puik basis waarvandaa­n jy die omgewing kan verken. Toerismebu­ro? Hier’s nie ’n amptelike toerismebu­ro nie. Die hotel ( bothot.co.za) bly die beste plek om dinge uit te vind of gaan na botriverwi­nes.com. Wanneer moet ek kom? Tussen einde Augustus en September, wanneer die canolaland­erye goudgeel in blom staan. Wanneer vier die dorp fees? Hier vind drie groot gedoentes elke jaar plaas. Die Lentefees word oor die eerste naweek in September gehou, met die wynplase wat die beste voetjie voorsit in ’n groot makietie vir die hele gesin.

Barrels and Beards word oor ’n naweek laat in Maart of April gehou; botriverwi­nes.com. Die Bot River Van der Stel Challenge is ’n bergfietsw­edren wat roetes tot 60 km in die ongerepte omgewing insluit, en word gewoonlik vroeg in Oktober gehou. Daar is ook stapen drafroetes; bef.org.za.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? CORNELL SKOP-WILDPLAAS
CORNELL SKOP-WILDPLAAS
 ??  ?? CISCA ABRAHAMS, proelokaal­bestuurder, Wildekrans
CISCA ABRAHAMS, proelokaal­bestuurder, Wildekrans
 ??  ?? KOL-KOL MOUNTAIN LODGE
KOL-KOL MOUNTAIN LODGE
 ??  ?? BOTRIVIER HOTEL
BOTRIVIER HOTEL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa