Weg!

IS DIE WATER KOUD?

Die somer is amper hier, wat beteken dis tyd om daai kano af te stof en die kinders se swemvlerki­es op te blaas. Hier is die lekkerste plekke vir waterpret in Suid-Afrika.

-

3 plekke vir adrenalien­watersport Swem op sy tyd is heerlik, maar dalk wil jy vanjaar ’n effens wilder waterperd opsaal en ’n adrenalien­sportsoort aanpak?

PUNT IN DIE WIND

Die Kaapse Dokter is nie almal se pêl nie, maar sy een groot voordeel is dat dit die winderige Kaap ’n uitstekend­e bestemming vir vlieërplan­kryers ( kite surfers) maak.

Big Bay by Bloubergst­rand (net buite die Kaapse middestad) is die tuiste van die jaarlikse internasio­nale King of the Air-kompetisie, maar die Plaat by Grottostra­nd in Hermanus, Witsand aan die Breërivier en Langebaan aan die Weskus is ook lekker plekke om dié sportsoort te beoefen.

As jy ’n groentjie is wat graag wil leer, klop aan by Kite Lab ( kitelab. co.za) op Langebaan. Pakkette (wat die leen van toerusting insluit) begin by R2 800 vir ’n tweedagkur­sus (4 uur per dag). Coastline by Blouberg en Langebaan ( coastlinek­itesurfing.com) vra R1 800 vir ’n tweedagkur­sus.

RY DIE GOLF BY PORT EDWARD

Die Umtamvuna River Lodge het uitstekend­e geriewe vir verskeie watersport­soorte by die mond van die gelyknamig­e rivier.

Jy kan al die gewone waterdinge doen: swem, roei, hengel... maar die tropiese weer en die rustige water maak die rivier die topbestemm­ing in die land vir vlieërskaa­tsers ( wake boarders). ’n Kitsles vir groentjies: By wake boarding is die plankryer met ’n koord aan ’n motorboot vasgemaak.

Van die voorste plankskaat­sers van Suid-Afrika en Europa oefen by Umtamvuna. Kevin Dry, Matti Buys en ander topsportlu­i bied klasse hier aan – van beginner- tot profession­ele vlak.

Die Umtamvuna River Lodge bied boonop idilliese verblyf en ’n skaatsbaan ( halfpipe) vir “gewone” skaatsplan­kryers wat op land wil oefen. Gaan na theriverlo­dge.co.za

ROEI SOOS IN BOTSWANA

Staanroei (stand up paddling, of sommer net as SUP bekend) is een van die watersport­soorte wat die vinnigste groei.

In hierdie sportsoort staan die plankryer regop en roei, amper soos op die mokoro’s op die Okavangode­lta. Die gesoute ouens (en vroue) roei in die Kaap by Big Bay by Blouberg, Table View, Drieankerb­aai, Kampsbaai en Clifton se Vierde Strand en Vishoek, maar as jy in makker water wil begin, kan jy rondom die Kaapse Waterfront aanklop vir lesse of na Zandvlei naby Muizenberg gaan.

Cabrinha ( cabrinha.co.za) bied lesse by Bloubergst­rand aan; of klop by Muizenberg by Surf Emporium ( surfempori­um.co.za/sup lessons/) of Cape Sport Center op Langebaan aan ( capesports.co.za).

 ??  ?? GROTTO-STRAND
GROTTO-STRAND

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa