Weg!

HOE OORLEEF DIE BLOMME?

-

Die blomplante van die WesKaap en Namakwalan­d is óf eenjarig óf meerjarig. Die eenjarige plante – dis daai plate en plate wit, geel en oranje madeliefie­s – is vreeslike ywerige saadmakers.

Duisende saadjies sluimer onder die grond in die warm somermaand­e en koue wintermaan­de. Hoe meer sade, hoe groter die kans dat hulle gaan oorleef. Die meerjarige plante – dis die meer statige veldblomme soos tjienkerie­ntjees, katsterte en bergkalkoe­ntjies – kruip vir die koue en die hitte weg onder die grond as ’n enkele bol of knol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa