Weg!

SOEK DIÉ BLOMME

-

DAISIES Die beskeie daisy het verskeie

mooi Afrikaanse name: gousblomme, magrietjie­s, madeliefie­s en jakkalsblo­mme.

Hier’s honderde soorte in Namakwalan­d – soek gerus die katogie (foto: beetle daisy). Die donker vlekkies na-aap en lok byvlieë wat dié blomme bestuif.

SURINGS

Surings is dikwels die eerste blomme van die lente. Hulle is bolplantji­es wat in sanderige dele of teen klipkoppie­s groei met vyf wit, geel of pienk kelkblare. En, ja, surings smaak suur! Die blomme,

blare en bolle is eetbaar en word soms gebruik om geur aan

bredies of sop te gee.

KATSTERT Gaan soek rondom Nieuwoudtv­ille vir katsterte wat soos wit en geel vuurpyle in die veld staan. Daar kan meer as honderd blommetjie­s wees op een katstert

stingelblo­m!

VYGIES

Vygies is óral. Wanneer die blommetjie­s doodgaan, maak vygies ’n “vrug” wat as dit nat is, oopgaan om saad vry te stel. Vygiebosse

soos strandvygi­es (foto) kom voor van Namakwalan­d tot by Simonstad, terwyl sandslaai veral in die Kamieskroo­n

omgewing voorkom.

GEEL KELKIEWYN

Dié blommetjie kom net in Darling se Tienie Versfeldna­tuurreserv­aat voor, van die einde van September tot hier

in die tweede week van Oktober, vandaar die naam

Geissorhiz­a darlingens­is.

BABABOUDJI­ES

Dis nie net veldblomme wat in die lente blom nie; vetplante pronk ook met hulle blomme – jy moet net mooier soek en ’n bietjie laer buk om hulle wit, geel of pienk blommetjie­s te sien.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa