ITALIAANSE ALPE

Weg! - - Inhoud -

Die le­ser Za­nia Vil­joen ver­ken die Mont Blan­cberg­reeks op ’n fer­ra­ta- roe­te wat die a­dre­na­lien laat pomp én vir ’n on­ge­loof­li­ke uit­sig sorg

Wat vir ’n ding is ’n via fer­ra­ta? Soms op reis moet ’n mens net ja sê, al weet jy nie pre­sies waar­voor nie. Só be­leef die le­ser Za­nia Vil­joen ’n a­von­tuur

en van die mooi­ste uit­sig­te in die Italiaanse Alpe.

In­dien ons vooraf ver­staan het pre­sies wat ’n via fer­ra­ta is, sou ons se­ker nie só ge­wil­lig saam met twee on­be­ken­de Italiaanse stu­den­te dié deel van die Alpe in­ge­vaar het nie. Dan­kie tog vir ons on­kun­de, want an­ders het ons ’n won­der­li­ke er­va­ring mis­ge­loop! Ek en ’n vrien­din, Ta­nia de Jongh, het in Ju­lie ver­le­de jaar na die noor­de van I­ta­lië ge­reis. Die aan­vank­li­ke plan was om die Tour du Mont Blanc te stap – ’n 170 km-sir­kel­roe­te rondom dié Mont Blanc-berg­reeks deur I­ta­lië, S­wit­ser­land en Frank­ryk. Maar ons tyd was min en ons was te nuus­kie­rig oor die res van I­ta­lië. Op die ou ein­de het ons ’n paar dae aan die voet van dié berg ge­kamp en die om­ge­wing en ook die Italiaanse Do­lo­mie­te ver­ken.

Op ons eer­ste dag in I­ta­lië daag ek en Ta­nia vroeg­aand op by die La Sor­gen­te-kamp­ter­rein aan die voet van Mont Blanc-spits. Die kamp­ter­rein is net bui­te Cour­ma­y­eur, een van die tal­le fraai dor­pies in die noord­oos­te van I­ta­lië.

Mat­tia Bot­ti­ni, ’n stu­dent van Mi­laan, werk hier vir die so­mer­va­kan­sie. Hy wys vir ons ’n staan­plek na­by die a­blu­sie­blok.

Ons pols vir Mat­tia oor lek­ker dag­stap­pe in die om­ge­wing. Hy be­veel aan ons doen óf Mont

C­hetif, “an e­a­sy hi­ke to the peak, with a view of Mont Blanc,” óf klim na die Re­fu­gio Bo­rel­li (’n stap­hut), “mo­re fun be­cau­se you do fer­ra­ta”.

Non­cha­lant ver­dui­de­lik hy “fer­ra­ta” só: Dis ’n uit­ge­werk­te roe­te waar jy hier en daar jou har­nas aan ’n ka­bel haak om oor rot­se en teen skuins­tes op te klim. “Much mo­re fun.”

Hoe dan nou an­ders? As ’n ge­sou­te Italiaanse berg­klim­mer vir jou sê “klim dié berg,” wel bob­be­jaan, dan klim jy daai berg.

Ons mars toe skuins ná agt die vol­gen­de og­gend met ’n plet­ter­pet en har­nas in ons rug­sak na die Ai­guil­le Noi­re de Peu­te­rey, die berg waar­teen die Re­fu­gio Bo­rel­li hang. K­lim­mers kan hul­le eie toerusting ge­bruik; ons het elk ’n stel by die kamp­ter­rein ge­huur (€10 p.p.p.d.). Ek neem aan dat die uit­stap­pie saam met ’n gids ’n paar rand werd was, maar Mat­tia wou sy vriend, Mo­ham­med, toe­val­lig daai dag die berg wys en ons pie­kel saam.

Die woord fer­ra­ta ver­wys na die roe­tes wat uit­ge­werk is teen die ys­ter­klip­kran­se wat in dié de­le van die Alpe voor­kom. An­ker­pun­te is ge­plant in die rots by die steil­ste kran­se. Per­ma­nen­te ys­ter­ka­bels word dan deur die an­ker­pun­te ge­ryg. Vir vei­lig­heid haak jy jou har­nas aan die ka­bels en klim voet­jie vir voet­jie boon­toe en ont­kop­pel weer by die an­ker­punt.

Van die kamp­ter­rein af volg ons vir ’n ent­jie ’n voet­slaan­pad (heel moont­lik deel van die Tour du Mont Blanc) en draai dan na regs af op ’n min­der uit­ge­trap­te paad­jie die bos­se in.

Die roe­te kron­kel teen die skuins­te op tot by die be­gin van die via fer­ra­ta. Ons sit ons plet­ter­pet­te op, trek har­nas­se aan en haak ons­self aan die eer­ste ka­bel. Ons gid­se neem ’n sel­foon­vi­deo en vra: “Are you su­re you’re re­a­dy for this?” Ek sê ewe dap­per dat ons twee die ou ber­gie soos bok­kies gaan uit­hard­loop.

Die eer­ste paar ka­bels is heel doen­baar: Jy klou­ter han­de­vier­voet teen die rot­se op tot waar die ka­bel ein­dig. Ont­kop­pel jou har­nas en stap op ’n re­la­tie­we plat stuk rots tot by die vol­gen­de stel ka­bels. Die plat de­le word met­ter­tyd ál min­der en die vas­haak- en klou­ter­de­le lan­ger ter­wyl die hel­ling al hoe stei­ler word – tot dit uit­ein­de­lik 90º is!

Ek en Ta­nia is geen­sins gees­te­lik of fi­siek voor­be­reid hier­voor nie – ve­ral nie op die “a litt­le ex­po­sed” de­le nie, soos ons twee gid­se dit on­ge­ërg stel. >

La­ter kan my se­nu­wees dit nie meer hou nie. Ek v­ries. Ek hang soos ’n vink­nes oor ’n af­grond, met my vin­ger en tek­kie­pun­te in ei­naklein gleu­fies in­ge­wurm. Gaan ek die val na die vo­ri­ge an­ker­punt – ê­rens 2 m skuins on­der my – oor­leef, won­der ek. Dan­kie tog Mat­tia is ’n uit­ste­ken­de mo­ti­veer­der, en praat ons mooi uit die hier-dooi-ek-e­pi­so­des.

Die uit­sig was deu­ren­tyd a­sem­ro­wend, be­sef ek la­ter toe ek deur die fo­to’s kyk. Ek sien eg­ter min daar­van met die klim raak.

Plek-plek skui­fel ons op ’n smal ly­sie om die boep van die berg. Soms moet jy ook teen ’n leer uit­klim en an­der ke­re weer deur ’n skeur skuur. En deur­gaans bid jy.

Maar ons maak dit tot bo die ys­ter­klip­krans en gaan lê met ons ge­span­ne ly­we op die warm klip­stoep van die Re­fu­gio Bo­rel­li (2 325 m) en drink die uit­sig in. ’n Re­fu­gio is ’n een­vou­di­ge oor­nag­hut met min ge­rie­we. Dié re­fu­gio is on­be­man, want dit lê nie op die hoof­roe­te van die Tour du Mont Blanc nie. Hier is slegs ’n sken­kings­blik­kie vir die ar­me drom­mel wat dit in stand moet hou.

On­der die stof in die kom­bui­sie staan uit­ge­dien­de kom­buis­wa­re, ’n paar droë be­stand­de­le en spe­se­rye. Mat­tia om­skep my pak­kie John West-tu­na in ’n ri­sot­to saam met o­lyf­o­lie en fyn­ge­maal­de neu­te. Ons gra­zie be­hoor­lik vir die eer­ste­klas stap­kos. Die af­klim is ge­wis meer uit­da­gend as die op­klim. Oor­nag het ’n hoog­te­vrees ie­wers diep bin­ne my hart ont­waak. Kyk, dis nie soos rots­klim waar die an­ker­man on­der jou jou kan “vang” en af­hys as jy jou mis­re­ken nie.

Die an­ker­pun­te wat die ka­bel teen die rots­muur hou, sit ’n he­le ent­jie uit­me­kaar. As jy ná die eer­ste an­ker­punt jou greep ver­loor, kan jy val tot die vol­gen­de an­ker­punt jou tot stil­stand ruk en teen die klip­muur laat bons! Dit klink nou ef­fe dra­ma­ties, maar ons het ná die tyd ge­hoor die roe­tes na die Mont Blanc-spits is be­rug vir on­ge­luk­ke.

Ter­wyl ons af­klim, be­gin don­ker wol­ke bo ons saam­pak... Ge­luk­kig ge­dra die wol­ke hul­le­self tot net na­dat die paad­jie weer af­plat en ons ons toerusting te­rug in ons sak­ke ge­stop het. Nat ys­ter­klip sou heel moont­lik tot tra­ne ge­lei het.

Op pad het Mat­tia ge­spog dat hy die roe­te (heen en weer) in drie uur kan doen. Ons kom eers die mid­dag vier­uur half­nat by die kamp­ter­rein in­ge­slen­ter – dood­moeg maar trots dat ons die roe­te (soort van) ge­tem het.

Die af­gron­de en hoog­tes het my on­ver­hoeds be­trap en my moed be­proef, maar ag­ter­na be­skou, sal ek dié uit­stap­pie slegs ’n moei­lik­heids­graad van drie uit vyf gee. Dit was die tan­de kners, oë toe­knyp en bid werd.

A­von­tuur. A­dre­na­lien. Én ’n on­ge­loof­li­ke uit­sig. Wat ’n on­be­plan­de ge­luk­kie!

MOE­NIE AFKYK NIE (fo­to heel links). Aan­ge­sien ’n mens die ka­bels vir vei­lig­heid ge­bruik, móét jy die roe­te volg soos dit uit­ge­lê is. Hier klim Ta­nia óm die berg se boep – op pad af – nog re­de­lik hoog teen diéfer­ra­ta op; Die groep eet mid­dag­e­te op die Re­fu­gio Bo­rel­li se klip­stoep en kyk uit oor die val­lei (bo); Ten spy­te van die hoog­tes het die groep dit steeds ge­niet. Hier­die is een van die min fo­to’s waar Za­nia nie erg be­kom­merd lyk nie (links).

HOE GROEN IS DIE VAL­LEI. Van die bo­kant van die fer­ra­ta af kyk ’n mens uit oor die Val Ve­ny-val­lei wat aan die suid­oos­te­kant van die Mont Blanc-berg­reeks lê. In die mid­del van die fo­to is die Mont C­hetif-spits en Cour­ma­y­eur lê om die draai na links. In die win­ter is hier­die ski-ge­bied: ’n mens kan die ski-ba­ne teen die oor­kant­ste ber­ge tus­sen die bo­me deur sien kron­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.