RUBRIEK

Daar is se­ke­re goed wat moei­li­ker as an­der is om aan jou ver­se­ke­raar te ver­dui­de­lik...

Weg! - - Inhoud - WOORDE DE­ON S­TRY­DOM ILLUSTRASIE FRED MOUTON

Wat­ter ver­se­ke­raar gaan jou glo as jy sê ’n hond het op jou mo­tor se dak ge­val, won­der De­on S­try­dom

Baie ja­re al is daar ’n huis­re­stau­rant in Blaauw­berg met die ei­en­aar­di­ge naam Dog on the Roof. Ek het al­tyd ge­won­der hoe hul­le by dié naam uit­ge­kom het. Maar toe ge­beur iets vreemds. ’n Vol­le 39 jaar was ons mo­tors on­der die vei­li­ge sam­breel van ’n be­ken­de kort­ter­myn-ver­se­ke­rings­groep. Toe ek af­tree, be­sluit ons om ons plat stads­kar, ’n ge­troue Au­di A4, te ver­koop en ’n voer­tuig aan te skaf waar­in ons ho­ër kan sit en dus ver­der in die veld kan sien. Ons wou voort­aan im­mers meer ge­reeld toer en wild­re­ser­va­te be­soek.

Toe ons die nu­we mo­tor – ’n spier­wit Toyo­ta RAV4 – wil ver­se­ker, word ons pre­mie aan­ge­pas. Die pre­mie van my vrou, Ly­net­te, se twee jaar oue sport­nuts­voer­tuig, ’n Ford E­coS­port, word skie­lik dra­ma­ties ver­hoog en vir feit­lik die­self­de be­drag aan­ge­slaan as my nu­we voer­tuig wat meer as dub­bel die waar­de is! (Die ver­kla­ring: die Ku­ga, ou­boet van die E­coS­port, het ’n ruk lank ’n “warm” re­pu­ta­sie ge­had...)

Mooi­praat help nie, en ons be­sluit om by ’n nu­we ver­se­ke­rings­groep aan te klop. Ons word met ope arms ont­vang, want ons het slegs 3 klein ei­se in 39 jaar ge­had en was in net een ge­val die skul­di­ge par­ty. Ons pre­mie is som­mer meer as die helf­te

min­der as by die vo­ri­ge ver­se­ke­raar. Die nu­we ver­se­ke­raar is hoogs in sy skik met die am­per­se on­ge­luks­vrye kli­ënt en ons nóg meer met ons la­er pre­mie.

Dalk kan ons selfs 'n ek­stra va­kan­sie in­werk met al die geld wat ons gaan spaar aan ver­se­ke­ring.

Ons eer­ste toer is na Port E­li­za­beth, Ad­do en A­lex­an­dria in die Oos-Kaap en ver­loop – soos al­tyd – on­ge­luks­vry. Maar toe ons tuis kom, lê twee spoed­boe­tes in die pos­bus. Ek kan dit nie glo nie! Daar is min lands­bur­gers so ge­hoor­saam aan re­ëls en voor­skrif­te soos ek. Dit moet die nu­we RAV se spoed­me­ter wees!

Ons twee­de toer met die RAV is na die Mo­ka­la- na­si­o­na­le park dus­kant Kim­ber­ley en die Pi­la­nes­berg-wild­re­ser­vaat in Noord­wes.

Die reis is voor­spoe­dig en ons was twee we­ke te­rug by die huis voor die spoed­boe­te in die pos­bus land. Nou sal ons die mo­tor be­slis na die a­gent­skap moet neem, want daai spoed­me­ter is de­fi­ni­tief fou­tief! Maar dis toe nie die spoed­me­ter nie, maar die be­stuur­der – dit lyk my die RAV ry te lek­ker...

Die der­de tog is weer na die Oos-Kaap. Kort voor S­wel­len­dam op die N2 wei 'n klom­pie ta­ren­ta­le in die pad. Op een na maak al­mal hul­le uit die voe­te, maar 'n laat­sla­per styg on­ver­wags op en slaan ons buf­fer. Ge­luk­kig is dit al ska­de en dit sal die nu­we ver­se­ke­raar nie te veel uit die sak jaag nie, re­ken ons.

Toe ek eg­ter la­ter die kwo­ta­sie ont­vang, raak ek on­ge­mak­lik. Ek sou in 1975, toe ek my eer­ste Ke­wer ge­koop het, sés nu­we Ke­wers kon koop met die buf­fer se geld. Ek is werk­lik ver­leë dat ek my ver­se­ke­raars so­veel geld uit die sak jaag.

Maar die le­we gaan aan. In die stad ry ons meest­al met Ly­net­te se E­coS­port. Op 'n dag, in die mid­del van die Kaap­se so­mer, word 'n ha­el­bui voor­spel. Dis on­ge­hoord so na aan die kus, maar ons is dank­baar dat ons voer­tuie in die mo­tor­huis staan. Dit is toe net 'n er­ge wolk­breuk en toe ons klaar hand­doe­ke uit­ge­sit het (die huis se dak lek ef­fe as dit re­ën), vat ons die pad in die E­coS­port om by die klein­kin­ders te gaan kui­er.

Maar, o, wee, ons was skaars tien mi­nu­te daar, toe sak 'n ha­el­bui uit met kor­rel­groot­tes wat wis­sel tus­sen ghoens en gholf­bal­le. Ek hol uit en trek die mo­tor on­der­dak. Die vol­gen­de dag doen ek half­har­tig in­spek­sie, net om se­ker te maak of 'n ou kor­rel­tjie nie dalk die kar ge­tref het nie. Daar is toe wrag­gies se­we dui­kies op die dak en drie op die en­jin­kap. Hier­die keer is die her­stel­kos­te ge­lyk­staan­de aan slegs drie nu­we 1975-Ke­wers!

Ek voel nou selfs jam­mer­der vir ons ver­se­ke­raar.

Twee maan­de la­ter is dit Paas­na­week en ons ry S­truis­baai toe met die E­coS­port. Dus­kant Gra­bouw, op die N2 en hel­der oor­dag, jaag ie­mand agter in ons vas. Dit kan net nie waar wees nie! Die ar­me ver­se­ke­ring! Al­mal is ge­na­dig­lik on­ge­deerd en al­bei mo­tors kan ver­der ry. P­leks ons draai om, want 80 km ver­der skiet 'n lor­rie se wiel 'n klip­pie op en ons wind­skerm kry 'n kra­kie. Niks kan se­ker­lik nou ver­der ver­keerd loop nie...

Ons is nou al tien maan­de by ons nu­we ver­se­ke­raar. Met hier­die keer se her­stel­kos­te kon ek tien nu­we 1975-Ke­wers koop!

Toe ons 'n vol­le jaar by die nu­we ver­se­ke­raar is, word ons pre­mie ui­ter­aard aan­ge­pas en dis nou am­per R400 per maand méér. Nou kry ek hul­le glad nie meer jam­mer nie; eint­lik is ek som­mer goed kwaad vir hul­le. Maar dit is steeds la­er as ons vo­ri­ge ver­se­ke­raar. En om wéér van ver­se­ke­raar te ver­an­der kan ek nie nou nie – ek is 'n man met 'n (sleg­ter wor­den­de...) re­kord!

Ek kom agter dat, wan­neer ek be­stuur, ek on­rus­tig raak en kna­end be­we­ging in my tru­spie­ël­tjie dop­hou.

Ek ont­span net wan­neer ons mo­tors in die mo­tor­huis staan. Ja-nee, daar is hul­le op hul­le vei­lig­ste.

Een Son­dag­og­gend is daar 'n ge­raas en ge­blaf by die bu­re. Ek gaan kyk en sien dat hul­le 'n tuin­wer­ker het vir die dag, én 'n o­mie wat blyk­baar nood­lood­gie­terswerk kom doen. Die bu­re het twee spier­wit hon­de – 'n wolf­hond en 'n bul­ter­ri­ër – en hul­le is lus vir een of al­bei van die ga­we man­ne wat hul­le diens­te kom le­wer. Ek loer by die kom­buis­ven­ster uit en sien dat die hon­de trap-op ge­lei word, en raai dat hul­le die hon­de vir 'n ruk­kie in die woon­stel op die boon­ste ver­die­ping gaan hou om te kal­meer.

Ons be­gin ge­reed maak vir kerk... en toe hoor ons 'n slag! Ons skrik ons boeg­lam. Toe ek in die mo­tor­huis kom, sien ek die bu­re se wolf­hond daar staan. Die deur is toe – hoe het hy in­ge­kom? Ek is stom­ver­baas. Ek kyk rond, ef­fe be­angs, want ek is bang vir die wit hond wat hom­self op vreem­de ter­rein be­vind en nog­al lus lyk vir my.

Toe kyk ek op en sien blou lug en wit wol­ke! Daar's 'n ys­li­ke gat in die po­li­kar­bo­naat­lig­plaat wat ek­stra lig in die mo­tor­huis ver­skaf. En on­der dié gat staan die RAV. En op sy dak is 'n heng­se duik! Die hond het deur die dak op my kar ge­val! Wat­ter ver­se­ke­raar gaan dít glo?

Die wolf­hond het blyk­baar deur 'n oop ven­ster in die bu­re se woon­stel tot op hul­le dak ge­spring. Van daar af kon hy tot op ons dak spring en dit was toe­val­lig die lig­plaat waar­op hy ge­spring het. Dié het on­der sy aan­sien­li­ke ge­wig mee­ge­gee.

Ek het nie die moed om die eis by die ver­se­ke­raar in te dien nie, en of die bu­re die ska­de gaan be­taal, is te be­twy­fel (hul­le glo dis hoe­kom 'n mens ver­se­ke­ring het).

Ek ry dus maar nog met die duik in die dak. En ry ry ek min. Ek par­keer die mo­tors dees­dae meest­al in die op­rit, want dit voel vir my daar is hul­le vei­li­ger.

Ek het nog net vyf dae oor om die on­ge­luk aan te meld en 'n eis in te dien. As hier­die e­pi­so­de 'n ge­luk­ki­ge ein­de het, gaan ek en Ly­net­te dit vier. Ons gaan in ons ver­se­ker­de mo­tor klim, kyk of daar hon­de of ha­el­wol­ke in die lug is, en dan Blaauw­berg toe ry en weg­lê aan 'n al­le­min­ti­ge ete by Dog on the Roof.

‘Ek is stom­ver­baas. Ek kyk rond, ef­fe be­angs, want ek is bang vir die wit hond wat hom op vreem­de ter­rein be­vind en nog­al lus lyk vir my.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.