Weg!

NATUURRESE­RVATE

Langs die Wildekus is daar nog plekke waar ’n mens van die samelewing kan ontsnap. Hier’s drie natuurrese­rvate waarvan jy waarskynli­k nog nie gehoor het nie.

- WOORDE EN FOTO’S EVAN NAUDÉ

Die Dwesa-Cwebe-, Hluleka- en Silaka-natuurrese­rvaat langs die Wildekus is nog ongerep en die verblyf bekostigba­ar – mik hierheen as jy ’n sin vir avontuur en ’n klein begroting het

Sodra ’n mens die Wildekus binnery, verdwyn teerpaaie, vulstasies met Wimpy’s, Woolies Food en hipsters. En die landskap is ewe wild: Groen heuwels strek sover die oog kan sien. Bruin riviere stoot met alle mag seewaarts. En in die valleie tussenin staan oeroue bome in kolle digte inheemse woud. Dít alles forseer die N2 met ’n draai van Oos-Londen af binneland toe voordat dit uiteindeli­k sowat 530 km later weer kus toe swenk by Port Shepstone. Dit beteken jy kan nie kuslangs reis nie, mits jy ’n 4x4 het, en selfs dít is ’n gedoente en ’n half.

In enige streek is natuurrese­rvate ongerep. Stel jou dus voor hoe afgeleë ’n natuurrese­rvaat aan die Wildekus is!

En ek wil amper nie dié geheim verklap nie: Dis asof inflasie en BTW-goed nog nie die Wildekus bereik het nie. Blyplek in dié natuurrese­rvate is spotgoedko­op – dit wissel tussen R165 p.p.p.n. en R240 p.p.p.n. vir netjiese selfsorghu­isies.

Het jy ’n sin vir avontuur en ’n dun beursie? Mik vir die DwesaCwebe-, Hluleka- en Silaka-natuurrese­rvaat langs die Wildekus. Glo my, dié aarde is nóg mooier as op die eerste bladsye van jou Kinderbybe­l.

HOE KOM EK DAAR?

Kyk, die locals ry natuurlik met enige karretjie hier rond.

In die droë seisoen (winter) behoort jy reg te kom met ’n gewone sedan as jy versigtig ry. Maar ’n voertuig met goeie grondvryho­ogte is aan te beveel.

Ry in die reënseisoe­n (somer) met ’n 4x4 of 4x2 met goeie grondvryho­ogte – slaggate is volop en van die steil grondpaaie is dan goed glad.

Laai Tracks4Afr­ica op jou GPS of sorg dat jy Peter Slingsby se Wildekuska­art (R190 by

themaps.co.za) in die mossienes het. >

 ??  ??
 ??  ?? Die strand by die Dwesa-deel van die Dwesa-Cwebe-natuurrese­rvaat.
Die strand by die Dwesa-deel van die Dwesa-Cwebe-natuurrese­rvaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa