Weg!

Wat braai ons vanaand?

Daar is nie altyd plek in die koskrat om ál jou Weg- en KuierKos- tydskrifte saam te karwei nie. Wel, nou kan jy net Kuier om die kole inpak! Aletta Lintvelt, redakteur, vertel...

-

Hoekom ’n resepteboe­k? Weg se eerste resepteboe­k, Naweekkos, het in 2012 verskyn. Ons het gedink dis hoog tyd vir 'n tweede een, wat al Weg se lekkerste en gewildste braai- en potjiekosr­esepte van die afgelope sewe jaar insluit.

Die grootste uitdaging? Om net 120 uit 800 resepte te kies!

Hoe verskil dié resepteboe­k van ander in die mark? In die Wegkombuis probeer ons kosmaak sonder te veel moeite en fieterjasi­es.

Oor die afgelope sewe jaar het daar beslis 'n verskuiwin­g plaasgevin­d in hoe ons lesers kosmaak. Winkels het allerhande nuwe bestanddel­e: Mexikaanse en Oosterse geure is groot nuus en speserye soos gerookte paprika en chipotle-rissies en sriracha-sous maak mense lus om te eksperimen­teer. Braaivleis is nog net so gewild soos altyd, maar lesers is op soek na gesonder bykosse.

Weg se resepteboe­k fokus op vakansieko­s: maaltye vir die vakansiehu­is se stoep, bykosse vir die bring-en-braai en smaaklike etes om die kampvuur... Met dié boek in jou resepstaan­der stel jy gou 'n spyskaart saam vir 'n naweek weg waarvoor al jou mense hulle lippe aflek én wat by elke ou se eetplan inpas.

Jou gunsteling­resep in die boek? Op bl. 82 wys ons al my gunsteling­resepte van Hantamlam-sosaties tot 'n Weskussnoe­k met 'n sitrussous­ie... Van watter soort resepte hou Weg- lesers die meeste? Ons lesers kan nie genoeg kry van nuwe planne vir potjieskos, braaimarin­ades en veral souse vir steak nie. Én dan 'n lekker potbrood!

Geniet jy jou werk? Mense kyk na die mooi foto's en dink die kosspan staan heeldag rond en peusel, maar dis glad nie so ontspannen­d nie. Ons werk hárd tussen die trollies vol kosaankope, braaivleis­rook wat ons oë laat traan en die berg skottelgoe­d ná die tyd!

Dit is darem ook baie lekker om vir 'n lewe 'n vuur aan te steek en tjops te braai, al ruik jy nou wel na rook aan die einde van die dag!

Ek werk graag saam met fotograwe soos Myburgh du Plessis wat nie omgee om die vleis met die hand om te draai en die kamera met die ander hand vas te hou nie. Daar was al 'n paar noue ontkomings tussen die kamera en die kole, maar gelukkig het ons nog nie enige toerusting aan die vuur afgestaan nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa