Weg!

ONTMOET DIE SKRYWER

-

In 2005 het die joernalis en skrywer Elkarien Fourie saam met haar man, Tienie, in China gaan woon om vir ’n jaar of twee skool te hou. Hulle het op die ou end amper ’n dekade gebly. Sy het ’n puik memoir en reisboek, Vat jou hele hart – kom saam na die Middelkoni­nkryk, geskryf wat China se geskiedeni­s, kultuur en alledaagse lewe vir Afrikaanse lesers ontsluit. As jy ooit China wil besoek, is hierdie boek verpligte leesstof. Elkarien vertel vir ons meer.

Wanneer het jy besluit om die boek te skryf? Ek het algaande besef hierdie kultuur is besig om só vinnig te verander en te ontwikkel nadat dit in die vorige anderhalwe eeu ’n laagtepunt bereik het, dat ek die tyd waarin ons daar was, móés boekstaaf. Toe het ek verstaan waarom Scott Kronick gesê het as jy ’n week in China was, kan jy ’n boek skryf, as jy ’n jaar in China gewoon het, kan jy ’n artikel skryf, maar as jy meer as ’n dekade in China was, kan jy niks skryf nie.

Waarom het jy op dié titel besluit? Confucius het so ’n groot rol in China se geskiedeni­s gespeel en weer in die moderne tyd gewild geraak dat ek sy filosofie nagegaan het. Omdat ek glo as jy besluit om ’n ding te doen, jy dit volledig en geesdrifti­g moet doen, het sy spreuk “waar jy ook al gaan, gaan met jou hele hart” by my aanklank gevind en ek glo dit was op my verblyf in China van toepassing.

Wie dink jy behoort die boek te geniet? Mense wat van reisverhal­e en stories oor onbekende plekke hou, geskiedeni­sliefhebbe­rs en natuurlik diegene wat belang stel om na die Verre-Ooste te reis of daar sake te doen. Ook die groot aantal jong mense (en hulle ouers en familie) wat onderwysge­leenthede in China navors.

China se antieke geskiedeni­s maak ook deel uit van jou boek? Al die jong Chinese met wie ons in klasse en toetslokal­e gewerk het, het met trots na hulle 5 000 jaar oue geskiedeni­s verwys.

By Unesco-erfenisgeb­iede, besienswaa­rdighede in die stede, dorpies en platteland en selfs in die taal en skryfwyse kom jy dit ook oral teë. As ’n mens na uitvinding­s op uiteenlope­nde gebiede kyk soos navigasie-instrument­e, papier, buskruit, vlieërs, porselein, drukkuns, kruiwaens, sambrele en die ikoniese produkte soos tee, sy en bamboes, kan jy nie anders nie as om te wonder hoe dit gebeur en uiteindeli­k na die res van die wêreld versprei het.

Baie mense wat nog nooit in China was nie, het ’n stereotipi­ese beeld van die land en sy inwoners. Hoe het jy dit ervaar? Van die 56 bevolkings­groepe in die land behoort ongeveer 91% tot die Han-groep. Die res is van 55 minderheid­sgroepe wat hoofsaakli­k aan die buitewyke van die land woon en meestal hulle eie kultuur, taal, boustyle en gebruike het.

Eers wanneer jy daar woon, werk en reis, besef jy hoeveel die stadsbewon­ers van die platteland­ers verskil, veral dié wat in afgesonder­de en bergagtige dele woon. Die beeld wat baie Suid-Afrikaners van Chinese het, is dat hulle in groot groepe toer wat dikwels luidrugtig is. Of hulle word geassosiee­r met produkte van swak gehalte en namaaksels. Ek het vriendelik­heid en gulhartigh­eid van volslae vreemdelin­ge ervaar en mense wat letterlik die spreekwoor­delike ekstra myl stap om seker te maak ek verdwaal nie.

Jy haal baie statistiek aan in die boek, veral oor China se tegnologie­se ontwikkeli­ng? China se statistiek smokkel met ’n mens se kop. Bill Gates het daarop gewys dat dié land tussen 2011 en 2013 meer beton (6,6 gigaton) gebruik het as Amerika in die hele 20ste eeu (4,5 gigaton).

Dit sluit natuurlik die geweldige dam in wat tussen drie klowe gebou is. Daar is minder as 60% stedelinge in China, maar die plan is om teen 2026 altesame 250 miljoen mense na die stede te laat verhuis ten einde die land verder te modernisee­r. Dit noodsaak dat ‘n massa nuwe woonplek, paaie, fabrieke en spoorlyne met supervinni­ge treine gebou word.

As iemand China wil besoek, wat sal jy as moetsienpl­ekke beskou? Die Yunnan-provinsie met sy hoofstad, Kunming, is bergagtig en huisves interessan­te minderheid­sgroepe. Dali en Lijiang, baie sjarmant, kan gekombinee­r word met Guilin en Yangshuo en selfs Hainan-eiland, Macau, Guangzhou, Hongkong en Xiamen met die eilandjie Gulangya waar geen motors ry nie, maar baie klaviere gehoor kan word.

Die suidooste is die vrugbare, waterryke deel en daarom ook die vooruitstr­ewendste met Suzhou, Hangzhou, Sjangjai, Nanjing en die Drieklowed­am ( Three Gorges), terwyl daar noordwaart­s Beijing met sy uitstaande attraksies soos die Muur en die Verbode Stad is en nog verder noord die grasvelde van Binne-Mongolië.

Stel jy egter meer in die beroemde Syroete, Kashgar en die Mogao-grotte by Dunhuang belang, moet jy na die droë noordweste gaan waar jy langer afstande sal moet aflê, maar Tibet en Xinjiang kan insluit. As jy in die argeologie en 53 Unesco-wêrelderfe­nisgebiede in China belang stel, is die Terra Cotta-leër naby Xian ’n moet. Kombineer dit met die Sichuanpro­vinsie, tuiste van die reuse-pandas, en, as dit in die somer is, Jiuzhaigou, ’n natuur-gebied of “scenic spot”, soos die Chinese graag sê.

Watter ander reise en skryfproje­kte lê vir jou voor? Ek werk aan ’n historiese roman en fokus op ’n persoon oor wie min bekend is. Daarvoor behoort ek in die Britse argiewe te gaan soek, maar geld gaan deesdae na besoeke aan Maastricht in Nederland waar ons kleinkinde­rs woon.

Vat jou hele hart word uitgegee deur Naledi. Bestel by elkarienfo­urie@gmail.com teen R200 plus posgeld of by boekwinkel­s teen R220.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa