Weg!

Emiele en Claire Bouwer

-

Bestuurder en kampebestu­urder, Spar Claire: Ek is in Zambië gebore, my ma was Iers, ’n nooi Gaffney. Op ’n Dinsdag, vyf jaar gelede, stap ek eendag in die Spar in Gaborone in en sien die bestuurder... Emiele: Ja, ons het in die Spar ontmoet! Ek is gebore op Smithfield in die Vrystaat, maar ons familie het in Lesotho gebly – ek was op Ficksburg op skool. My familie het destyds die Fraser’s-winkelgroe­p besit. In 2001 het ek op Maun by die Shoprite begin werk, toe by die Sefalana-winkelgroe­p en toe by Spar. Nou is ons al vier jaar op Kasane. Omdat ek op klein plekkies grootgewor­d het, geniet ek Kasane. Ek hou nie van die stad nie. Claire: Ons dogtertjie, Emily (3), ken elke wildsbok op die naam, maar geen “mak” diere nie! Wilde diere is al wat sy sien... Emiele: Sommige aande is hier olifante agter die Spar, in die parkeerter­rein tussen ons en die rivier. Ons moet soms die vlakvarke by die winkel se voordeur keer.

Soms is hier swartmamba­s ook. Net gister het ons ’n 1,8 m lange Anchieta se kobra uit die stoorkamer gehaal.

Ons huis is bo in die dorp naby die teerpad wat na die ingang van die Chobenasio­nale park toe loop. Daar is gereeld ’n hoop olifantmis voor die hek... Nou die aand, drieuur die oggend, het drie leeumannet­jies ’n trop buffels sowat 80 m van ons in die straat af gejaag. Later, op pad werk toe, so kwart voor ses, het ek hulle aan die buffel sien vreet!

DOEN INKOPIES Indien jy kruidenier­sware vir jou vakansie wil bestel, kontak die Spar in Kasane sowat twee weke vooruit. Hulle sal dit mooi verpak en dan kan jy dit net kom optel. 00 267 625 2437; kasane@spar.co.bw Waar? In die sakekern van Kasane (vra sommer vir enige vlakvark).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa