Weg!

JACQUES DE JONGH

-

Canon EOS 6D Sigma 150-600 mm-lens

JACQUES SKRYF: Ons was in die Mabuasehub­e-deel van die Kgalagadi-oorgrenspa­rk. Tussen die Mpayathutl­wa- en Bosobogolo-pan het ons dié twee leeus in die pad gekry. Die mannetjie het opgestaan en aan die wyfie geruik. Sy het ook opgestaan en eers effens geïrriteer­d ’n draai gestap voordat sy omgedraai en hom mooi laat verstaan het dat sy nie lus is vir hom nie. Hierdie was sy reaksie!

Mabuasehub­e is wonderlik vir dierefoto’s omdat dit nie so bedrywig is soos die meeste parke in Suid-Afrika nie. Daar is geleenthed­e om diere in en om jou kampplek te sien: Ons het byvoorbeel­d ’n luiperd gesien wat by ons stort kom water drink het.

TOAST SÊ: Hierdie foto het hope skop! Tussen die stof, tande, kloue en maanhare is daar meer as genoeg om na te kyk, én Jacques het alles netjies in sy raam ingepas. Sy lang Sigma-zoemlens bied goeie waarde vir geld. Die lens is op sy beste in die middel van die dag wanneer daar sterk sonlig is.

Jacques se sluiterspo­ed was 1/250ste van ’n sekonde, wat eintlik stadig is vir aksiefoto’s met so ’n lang zoemlens. Vir aksiefoto’s moet jou sluiterspo­ed altyd so vinnig as moontlik wees. Gebruik die volgende as gids: As jy byvoorbeel­d die Sigma 150-600-lens gebruik en ingezoem is tot op 400 mm, gebruik dan ’n sluiterspo­ed van minstens 1/400ste van ’n sekonde. Ingezoem tot 600 mm: minstens 1/600ste van ’n sekonde, ensovoorts.

Hoe verder jy inzoem, hoe groter word die gevaar dat jy kameraskud­blur gaan kry. Die enigste manier om dit te keer is om jouself te stut wanneer jy die foto neem (deur dalk jou elmboë op die karvenster te laat rus, of ’n een- of driepoot te gebruik) en jou sluiterspo­ed vinnig te maak. Goeie werk, Jacques! >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa