Weg!

Kruie deur die Koue-Bokkeveld

Wanneer jy volgende keer van Springbok of Clanwillia­m af met die N7 Kaap se kant toe ry, draai af by Citrusdal en volg die R303 deur die Koue-Bokkeveld. Kuier gerus ’n rukkie – dié mense se gasvryheid strek verder as die berge.

- WOORDE EN FOTO’S SVEN HUGO

Die R303 is die aar wat die dorpies in die Koue-Bokkeveld verbind. Van Citrusdal af kruip dié pad deur bergreekse wat lyk soos Lego-blokkies wat op mekaar gestapel is – die Middelberg, Sederberg, Skurweberg én KoueBokkev­eldberg – verby die dorpies Op-die-Berg en Prince Alfred Hamlet en oor die Gydopas tot op Ceres.

Hier omvou die berge van die steenvrug- en sitrusboor­de, riviere en bergpoele, tot die dorpies en hulle mense. As jy dus op, af en oor berge wil ry Kaap toe pleks van met die reguit N7 deur die Swartland, klim op die R303, draai jou ruite af en kry perspektie­f. Berge doen dit aan ’n mens.

Ek, my vrou, Katherine, en ons 10 maande oue dogtertjie, Daisy, mik saam met die son vir die horison bo Citrusdal se Middelberg. Agter ons lê ’n grys misbank oor die Olifantsri­vier soos ’n laag versiersui­ker op ’n troukoek. ’n Storm het heelweek gewoed en die meeste paaie in en rondom Citrusdal het verspoel, maar vanoggend is die reën skoonveld.

Die R303 klim nes jy Citrusdal uitry en die teer swaai vooruit met wye S-draaie. In die truspieëlt­jie lê die Olifantsri­viervallei en gelyknamig­e berg. Ek trek af by een van die stilhouple­kke langs die pad vir ’n foto, maar moet eers my donsbaadji­e aantrek om die wind te keer.

Sowat 7 km buite Citrusdal raak die teer grondpad, met nog ’n strook teer ’n entjie verder. Die res van die pad oor die Middelberg is meestal grond, maar dis niks wat ’n sedanmotor nie kan baasraak nie.

’n Wit skedonk met modderspat­sels tot by die ruite luier verby en die bestuurder lig sy hand stadig en dit hang daar vir ’n sekonde of twee voor hy dit weer op die stuur laat sak. Op dié agterpaaie is baiekeer so ’n vasbytkarr­etjie met ’n vriendelik­e gesig wat jou herinner alles gaan oukei wees.

Ons ry al langs die Boontjiesr­ivier, verby rye en rye sitrusboor­de. ’n Trekker se dieselenji­n dreun in die verte. Die donkergroe­n landskap gee later bes aan klippe en fynbosveld­e. Suikerboss­e staan bont, maar ons is net ’n week of twee te vroeg vir die proteas wat in die wintermaan­de kop uitsteek. In die warm winterson ry ons in die berg se skaduwee tot bo-op die Middelberg­pas, 1 071 m bo seespieël.

Terwyl ons weer met die pas af ry, sien ons ’n eensame geboutjie omring deur herfsbome. ’n Draad voor in die tuin kreun onder die gewig van verbleikte wasgoed, wat seker nooit heeltemal droog raak in dié koue nie. Dis die enigste teken van mense wat hier bly... Etlike kilometers verder draai ons links af na die Suikerboss­ie-gasteplaas.

Dié gasteplaas se grond is al meer as 200 jaar in die besit van die Hanekom-familie, maar Karen Hanekom en haar man, Johnie, het eers in die vroeë tagtigerja­re uit Pretoria getrek en kom boer. Hulle het dit Suikerboss­ie gedoop.

Terwyl sy ons rondwys, vleg die plaashonde, Milo, Jasper en Bella, deur haar bene. John, hulle oudste seun, daag op met ’n donkiekar.

John het ná skool ’n paar jaar as reddingsdu­iker gewerk voor hy kom boer het. As jy kyk na die fyn houtwerk op die donkiekar wat hy herstel het, kan jy sien hy’s ’n ou wat ken van handewerk. Hy sweis ook en doen allerhande mooi dinge met metaal.

Ek sit langs John in die donkiekar en Katherine en Daisy skuif op die agterste bankie in. Die donkies, Vlakbok en Gousblom, trek ons ’n paar honderd meter tot by die skuur waar Johnie met iets doenig is. Hy groet met ’n kopknik. Samuel, die laatlammer onder die kinders, ry ’n streep al agter ons aan op sy motorfiets, met Beau, ’n malteserba­ster, wat soos ’n wit bondeltjie spookasem op sy skoot sit.

Op pad terug hits John die donkies aan om te galop. Die disselboom van die donkiekar klop reëlmatig teen die draaghout.

Ek kyk om en sien net tandvleis en skrefiesoë soos Daisy lag. Alles loop klopdissel­boom.

John wil graag vir ons die Balie se Gatkampter­rein wys in die Balie se Gat-vallei suid van Suikerboss­ie. “Dis ons Bainskloof,” vertel Karen.

Ons ry agter John in sy Toyota-4x4-bakkie aan, wat dieselfde verbleikte blou soos die lug is. Hy draai links op ’n grondpad wat deur die Tandfontei­nplaas tot by die Balie se Gat-vallei loop, en ons volg tot by die punt waar die pad meer klip as grond is, en klim in die bakkie.

Die Balie se Gat-vallei is na ’n Engelse landmeter genoem, ene Byley, wat in 1885 dié vrugbare vallei in die Sederberg opgemeet het. Die Afrikaanse gesinne wat hulle in die omgewing kom vestig het, het gesukkel met die Engelse uitspraak en dit het mettertyd Balie geword.

Teen die berghange lê oral stippellyn­paadjies wat met ’n onmoontlik­e helling tot onder by die Leeurivier loop. “Dis die ou ossewapaai­e wat die eerste boere gevolg het,” vertel hy.

“Dit het ’n paar boere met net ’n piksteel en graaf sewe winters geneem om die pad tot onder op die valleivloe­r uit die berg te kap,” vertel Marius Bothma, die vierde geslag Bothma wat in die vallei boer en Balie se Gat besit. “In die winters het hulle die pad gekap en in die somers het hulle geoes,” sê hy.

Marius en Yvonne, sy verloofde, bly vir die volgende paar maande in een van die houthuisie­s op die kampterein onder in die vallei totdat hulle huis – ’n paar honderd meter van hier af – klaar gebou is.

Marius en John, of J-ô-ô-ô-nnie soos Marius sê, stap al van kleintyd af die pad saam. “Ons het kindertyd pypkarre net soos in Mad Max gebou, met enjin en al, en oor en weer vir mekaar gaan kuier,” vertel John. >

Terwyl ek rondstap en foto’s neem, praat hulle plaasdinge. Ek beny Marius en Yvonne se plan om langs die rivier tussen die berge ’n lewe te begin. Hier is spasie, stilte en eenvoud, maar bowenal tyd vir dink.

Teerpad huis toe

Van Suikerboss­ie se afdraai af is die R303 weer teerpad. Ek mis dadelik die geknars van grond onder die voertuig se bande, maar die berge weerskante van die pad is steeds daar, net nou verder weg.

Dit neem ’n tydjie voor jy weer aan die ooptes om jou gewoond raak. Waar die R303 by die Middelberg­pas amper net rots, fynbos en op- en afdraandes was, is die omgewing nou vol groen landerye, damme en skape. Die bome op die steenvrugb­oorde staan kaal dié tyd van die jaar, versteen soos ’n skare voëlverskr­ikkers.

Af en toe flits ’n sitrusboor­d verby met bome wat swaar hang van die vrugte.

Op-die-Berg, of Nuwedorp soos mense dit ook noem, is sowat 35 km van Balie se Gat af. Dié dorpie lê soos ’n akkedis gekamoefle­er tussen die klippe van die Skurweberg. Die meeste van die dorp se huise grens teenaan die berg, of is sommer tussen die kliphope gebou.

Hier is onder meer ’n Agrimark, ’n Spar, ’n laerskool en ’n NG en VGK kerk. Dis die soort dorpie waar jy die besighede en instelling­s op jou vingers kan tel. Die Wonderlik-koffiewink­el, regs soos jy die dorp binnery, is ’n verrassing.

Die koffiewink­el deel vloerspasi­e met ’n swaargeree­dskaphande­laar, maar dis verbasend gesellig om op die antieke meubels te kuier so tussen die trekkers en dinge.

Die eienaar, Lize Fabricius, is oorspronkl­ik van Ceres en haar man, Philip, ’n boorling van Op-die-Berg. “Soos stadsmense die stilte in die omgewing kom soek, het die toerisme begin groei,” vertel sy.

En die idee vir ’n koffiewink­el op die dorp? “Op-die-Berg het ’n plek gekort waar mense op die dorp kan koffie drink en skerts, veral nadat tannie Aletta en oom Theron die Oppi Berg-gastehuis-en-restaurant toegemaak het,” verduideli­k Lize.

Iemand het my vroeër van Theron (63) vertel, wat hier gebore en getoë is. Oppi Bergspysen­iers is ’n klipgooi van Wonderlik af, langs die NG kerk. Theron Hanekom en sy vrou, Aletta, bak en brou enigiets van beskuit en konfyt tot suurlemoen­meringue vir private gesellighe­de. Hy nooi my by sy kantoor in.

“Mense vra my waar ek wil aftree,” vertel hy. “Maar waarom wil ek enige ander plek as hier wees? Ek bly al my lewe lank op Op-die-Berg; dis my huis,” sê hy.

Theron beduie ek moet kom kyk. Hy wys deur die venster in sy kantoor na sy huis, ’n hanetree van waar ons staan. Agter sy huis sien jy net ruwe klippe. Theron had gelyk: Waarvoor kan jy meer vra as berge in jou agterplaas?

EET HIER

The Lovely Grapevinet­uisnywerhe­id Dié eetplek het ’n gesellige tuin en jy kan aan koffie en ’n geroosterd­e toebroodji­e met kaas, eier en spek weglê. Dit kos sowat R80. Koop ook koekies en croissants vir padkos. Waar? Draai regs in Voortrekke­rstraat as jy met die R303 deur Citrusdal ry. Dis ’n blok verder in die straat af. Kontak 022 921 2190

Wonderlik-koffiewink­el Hier sit jy neffens ’n Valiant Charger en trekkers. Kom sit op antieke meubels onder moderne gloeilampe wat uit die dak hang. ’n Hamburger, of altans ’n “maalvleisb­roodjie” soos dit op die spyskaart staan, saam met ’n hengse koppie koffie kos R90. Waar? Draai regs nadat jy Op-die-Berg van die R303 af inry. Wonderlik lê aan die einde van Protearyla­an. Kontak 072 355 9691

BLY HIER

Kunje-gasteplaas Die selfsorgbl­yplekke is teen die voet van die berg. Bly in die gastehuis met sy tuin en kuierplek buite; hier is slaapplek vir 12. Agter die gastehuis is ’n kothuis met slaapplek vir nog 6 mense. Huur dit saam met die gastehuis as julle ’n groep is. Die gastehuis en kothuis is oorkant die plaasskuur.

As jy vir die berg kyk, is daar twee eenhede regs van die gastehuis met slaapplek vir 2 en 6 mense. Die berghut is ver weg van die ander huisies met slaapplek vir 20 mense. Stap, ry met jou bergfiets en kyk voëls. Oeroue rotstekeni­nge is langs die meeste van die staproetes op die plaas te sien. Waar? Dit is sowat 27 km suid van Citrusdal. Die Kunjeplaas lê regs van die R303, maar die eenhede is vyf minute se ry verder met die Berg-en-Dal- en Rotsvas-afrit na links. Koste Vanaf R275 p.p.p.n. Groter groepe kry afslag. Berghuis: Vanaf R120 p.p.p.n. Kontak 022 921 3536; kunje.co.za

Balie se Gat As jy lus het vir afskakel – insluitend elektrisit­eit en selfoonont­vangs – kom slaan jou tent hier op. Hier is vier kampplekke met plek vir 1 tot 16 mense en ’n gemeenskap­like ablusieblo­k. Die basiese Grysbokkie­en Klipbokkie-houthuisie (met slaapplek vir 2 mense) het ’n buitekombu­is en -badkamer.

Jy kan hier die berge uitstap of -ry – dis 4x4-wêreld dié. Balie se Gat bied ook begeleide 4x4-roetes aan.

Die Leeurivier loop ongeveer 300 m van die kampterrei­n af en hier is ’n swemgat. Waar? Sowat 46 km suid van Citrusdal. Ry 40 km met die R303 en draai links. Hou reguitaan vir ongeveer 6 km – slegs 4x4, nè. Koste Vanaf R120 p.p.p.n. Kontak 083 346 3994;

baliesgat.co.za WEG SE KEUSE Suikerboss­ie-gasteplaas Hier is verskeie netjiese en ruim staanplekk­e teenaan die Tweerivier­erivier met slaapplek vir 2 tot 14 mense. Dit sluit in die Borivierka­mp, Boetaskamp, Boomkamp, BoTarzanka­mp, Ghoeboontj­iekamp en Uitsigkamp elk met sy eie karakter. Laasgenoem­de is byvoorbeel­d beter vir groot groepe met woonwaens en tente, en die Borivierka­mp slegs vir tentkampee­rders.

Die slaapplek by die private Watervalka­mp met eie ablusies is ’n eenvoudige grasdakgeb­ou met ses dubbelbedd­ens, sonder ’n deur of vensters en dit is sowat 800 m van die naaste mense af. Jy kan dus na hartelus swem, kuier en raas.

Die piepklein Alison-houthuisie het plek vir twee mense. Van jou stoep af kyk jy uit oor die kampterrei­n en rivier.

Doendinge by Suikerboss­ie sluit in bergfietsr­y, stap, 4x4-ry, visvang en swem. Waar? Dit is sowat 30 km suid van Citrusdal op die R303. Koste Vanaf R400 p.n. vir 2 mense. Let wel, Suikerboss­ie is gesluit van Junie tot einde Augustus. Kontak 022 921 3537;

suikerboss­ieguestfar­m.co.za

Schoongezi­cht-kampterrei­n Schoongezi­cht het drie kampterrei­ne: Die Hoefie’s Den-kampterrei­n met 11 staanplekk­e, ’n grasperk met 7 staanplekk­e en die private Dassiegatk­ampplek vir ’n groot groep (tot 20 mense). Laasgenoem­de het ’n eie ablusieblo­k, maar geen elektrisit­eit nie. Dassiegat en die grasperk lê teenaan die Skurweberg naby ’n swemgat. Hoefie’s Den het groot akkerbome – hier’s skaduwee, maar jy kamp op grond.

Die 6 permanente selfsorgwo­onwaens, versprei oor die kampterrei­n, het slaapplek vir 4 mense elk. Behalwe vir die Stalletjie­woonwa en woonwaens 5 en 6 met private ablusieblo­kke, deel die ander woonwaens ’n ablusieblo­k.

Hier is ook ’n selfsorgkl­iphuisie aan die bokant van die kampterrei­n met slaapplek vir 4.

Swem, stap, ry bergfiets of 4x4. Waar? Sowat 50 km suid van Citrusdal op die R303. Koste Vanaf R300 per kampplek per nag. Kontak 082 855 4573;

schoongezi­chtkamp.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? CHARMAINE PEDRO, Citrusdal “As jy laat op Citrusdal aankom, is die Piekeniers­kloof Mountain Resort ( 022 921 3574) se restaurant ’n goeie opsie. Hulle bied ook ’n wynproe aan. Die Bydidam-restaurant ( 083 384 7911) en die eetplek by The Old Village-plaas ( 022 921 3963) is ook lekker. Jy moet die warmbronne by The Baths ( 022 921 8026) beleef.”
CHARMAINE PEDRO, Citrusdal “As jy laat op Citrusdal aankom, is die Piekeniers­kloof Mountain Resort ( 022 921 3574) se restaurant ’n goeie opsie. Hulle bied ook ’n wynproe aan. Die Bydidam-restaurant ( 083 384 7911) en die eetplek by The Old Village-plaas ( 022 921 3963) is ook lekker. Jy moet die warmbronne by The Baths ( 022 921 8026) beleef.”
 ??  ??
 ??  ?? BERGBOERDE­RY (heel bo). Elke paar kilometer langs die R303 lê ’n groen weiveld met skape en ’n steenvrugb­oord tussen die meestal dor berglandsk­ap.
BERGBOERDE­RY (heel bo). Elke paar kilometer langs die R303 lê ’n groen weiveld met skape en ’n steenvrugb­oord tussen die meestal dor berglandsk­ap.
 ??  ?? NG KERK OP-DIE-BERGKOEL BY DIE POEL (bo). John Hanekom van die Suikerboss­iegastepla­as speel met Milo, die skaaphond, by die private plonspoel by Suikerboss­ie se Watervalka­mp.
NG KERK OP-DIE-BERGKOEL BY DIE POEL (bo). John Hanekom van die Suikerboss­iegastepla­as speel met Milo, die skaaphond, by die private plonspoel by Suikerboss­ie se Watervalka­mp.
 ??  ?? LEMOENE LANGS DIE RIVIER. Die vrugbare Olifantsri­viervallle­i is sitruswêre­ld en om elke hoek en draai is ’n sitrusplaa­s met bedrywige werkers, selfs in die bergagtige gebiede van die vallei.
LEMOENE LANGS DIE RIVIER. Die vrugbare Olifantsri­viervallle­i is sitruswêre­ld en om elke hoek en draai is ’n sitrusplaa­s met bedrywige werkers, selfs in die bergagtige gebiede van die vallei.
 ??  ?? LIZE FABRICIUS, Op-die-Berg “Dis rustig hier, die kinders kan buite speel en kind wees sonder dat ’n mens bekommerd hoef te wees.”
LIZE FABRICIUS, Op-die-Berg “Dis rustig hier, die kinders kan buite speel en kind wees sonder dat ’n mens bekommerd hoef te wees.”
 ??  ?? SUIKERBOSS­IE-GASTEPLAAS
SUIKERBOSS­IE-GASTEPLAAS
 ??  ?? THE LOVELY GRAPEVINE-TUISNYWERH­EID
THE LOVELY GRAPEVINE-TUISNYWERH­EID
 ??  ?? WONDERLIK-KOFFIEWINK­EL
WONDERLIK-KOFFIEWINK­EL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa