Weg!

Stap die Doringneks­taproete naby Addo

- – Marcelle van Niekerk

As die olifante wegkruiper­tjie speel wanneer julle volgende keer in die Addo-olifant- nasionale park kuier, gaan rek bene in die park se Zuurbergde­el.

Die Doringneks­taproete in dié parkdeel is nou 12 km lank – 4 km langer as voorheen – en sal jou nagenoeg vyf uur lank besig hou. Dit gee stappers die kans om nóg dele van die tamaaie Zuurbergre­eks te sien.

Vat halfpad langs die roete ’n blaaskans by die piekniekko­l en Otto se swempoel. Pak genoeg water, ’n sonhoed en sonbrandro­om in – veral wanneer dit warm is.

Wat kan ek langs die roete sien? Die Zuurbergge­bied sluit vier van die Addo se vyf biome in: fynbos, grasland, woude en subtropies­e ruigte (ook bekend as vallei-bosveld). Jy kan ook drie bedreigde broodbooms­pesies en twee geelhoutsp­esies sien. Hier is altesame sowat 1 100 plantspesi­es in die gebied.

Hou jou oë oop vir verskeie bokspesies soos rooihartbe­este en bosbokke, asook bobbejane en dassies.

Hoe werk dit? Die roete begin by die Zuurberg-permitkant­oor, waar jy kan parkeer. Dit is ongeveer 30 minute se ry onder meer oor die Zuurbergpa­s van die Addo-hoofkamp af tot by die permitkant­oor.

Julle moet op die laatste om 12 vm. begin stap om betyds terug te wees by julle motor wanneer die hekke om 5.30 nm. toemaak.

Hoe fiks moet ek wees? Jy hoef nie ’n gesoute stapper te wees vir dié staptog nie, hoewel ’n paar taai heuwels naby die einde van die roete wag – matige fiksheid sal goed wees.

Koste Gratis, hoewel jy steeds die park se bewaringst­arief moet betaal, tensy jy ’n Wild Card het: R69 (volwassene­s); R35 (kinders).

Nog inligting 042 233 8602; sanparks.org

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa