Vir die vo­ëls

Agter in Weg wag nóg in­te­res­san­te din­ge om te sien, lees en doen!

Weg! - - Inhoud -

SO SLIM SOOS ’N… KRAAI?

Hoe slim is vo­ëls? Al­mal weet ’n vo­ël­brein is so groot soos ’n grond­boon­tjie. Se­ker­lik is in­ge­wik­kel­de goed soos wis­kun­de, spraak, ge­heue en ge­sigs­her­ken­ning ver bo hul­le in­tel­li­gen­sie­vlak?

Dalk moet ons vra: Hoe meet ’n mens in­tel­li­gen­sie? ’n Hof­san­ger wat el­ke jaar dwars oor die pla­neet vlieg om weer by die­self­de bos­sie in on­der­skei­de­lik Si­be­rië en SuidA­fri­ka uit te kom of die be­sluit wat ’n valk in ’n oog­wink neem wan­neer hy teen 350 km/h vlieg... Sul­ke ta­len­te moet se­ker­lik tel.

Maar selfs met mens­li­ke in­tel­li­gen­sie­toet­se is daar een groep vo­ëls wat slim­mer is as al die an­der: die Cor­vi­dae- spe­sies, soos kraaie en ra­we.

Kraaie maak in­ge­wik­kel­de ge­reed­skap uit bla­re en stok­kies. Hul­le het ge­reed­skap­stuk­ke om ver­skil­len­de stuk­kies prooi uit al­ler­lei weg­steek­plek­ke te haal: ha­kies, hef­boom­stok­kies en selfs saag­tandsta­fies.

We­ten­skap­li­kes kom nou ook agter ge­reed­skap­ge­bruik is nie hier­die in­tel­li­gen­te vo­ël se e­nig­ste ta­lent nie. Kraaie kan be­plan, ont­leed, ont­hou, ruil­han­del dryf, na­boots en leer. Trou­ens, kraaie vaar be­ter as vyf­ja­ri­ges in som­mi­ge toet­se vir lo­gi­ka en oor­saak-en­ge­volg-re­de­na­sie!

Het jy al ge­hoor van die mal­va­lek­ker­toets? Dit toets die be­grip van uit­ge­stel­de be­vre­di­ging: Kry een mal­va­lek­ker nou of twee la­ter… In die vo­ël­weer­ga­we van hier­die toets vaar die kraaie be­ter as kin­ders.

Neu­ro­bi­o­loë glo die groot­ste vonk vir in­tel­lek­tu­e­le ont­wik­ke­ling kom nie van die drang om te oor­leef of die soe­ke na kos nie. Nee, hul­le dink dit hang af van so­si­a­le in­ter­ak­sie. Dit be­gin vroeg. Jong kraaie is spe­le­rig. Jy sal kin­der­spe­le­tjies by kraaie her­ken: volg­die-lei­er, ko­ning-van-die-kas­teel en warm­pa­tat.

Na­ma­te kraaie ou­er word, word hul­le ver­hou­dings ook meer vol­was­se. Bui­ten die band tus­sen ’n man­ne­tjie en ’n wy­fie doen hul­le moei­te om ver­hou­dings in bre­ër krin­ge te vorm, te be­ëin­dig en selfs te ma­ni­pu­leer: ver­hou­dings met hul­le uit­ge­brei­de fa­mi­lie, vrien­de, ken­nis­se en vy­an­de. Hul­le bou ver­skeie al­li­an­sies en ver­skuif hul­le lo­ja­li­teit soos no­dig.

Nog ’n be­lang­ri­ke maat­staf van in­tel­li­gen­sie is hoe be­wus die vo­ëls van hul­le­self is, en hul­le ver­moë om uit ’n an­der se per­spek­tief oor iets te dink.

Een van kraaie se toer­tjies is om kos te bê­re. As die kraai dan eg­ter ’n an­der een – wat vol­gens hom on­be­trou­baar is – in die om­trek sien, sal hy die hap­pies uit­haal en op ’n an­der plek weg­steek. Hier­die ag­ter­dog tree eg­ter eers in na­dat hy sélf by ’n maat kos ge­steel het!

As een van hul­le vrek, hou die oor­le­wen­de kraaie ’n ge­leent­heid, wat net as ’n rou­diens be­skou kan word. Hul­le talm ’n ruk­kie in stil­te langs die oor­le­de­ne, en lê selfs ’n stuk­kie gras langs die kar­kas neer.

G’n won­der kraaie pas so goed aan by ons ver­an­de­ren­de wê­reld nie.

S­tads­ja­pie­kraaie laat val doel­be­wus neu­te in die pad so­dat mo­tor­ban­de dit kan kraak, en wag dan vir die groen ver­keers­lig voor­dat hul­le die buit gaan haal.

’n Mei­sie in Se­att­le, A­me­ri­ka, het ’n ver­sa­me­ling “ge­sken­ke” soos kno­pe, plas­tiek, ju­we­le en munt­stuk­ke wat die buurt se kraaie vir haar ge­bring het om dan­kie te sê dat sy vir hul­le kos gee. El­ke keer as ’n kraai een van die ge­sken­ke vir haar los, wag hy tot­dat sy dit kry, klaar­blyk­lik om haar blye re­ak­sie te ge­niet.

Daar het jy dit. Daai grond­boon­tjie­groot brein wat ter­loops ’n veel gro­ter digt­heid van neu­rons het as soog­dier­brei­ne – wérk. En dek­sels goed ook.

– Faan­sie Pe­a­cock

WITHALSKRAAI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.