Weg!

Aftrekplek

- – Jon Minster

Die bergdorpie Hogsback is enige tyd van die jaar ’n mooi plek om te besoek. In die lente en somer sorg donderstor­ms vir watervalle in die woud, in die herfs ontplof elke tweede boom in vurige rooi en oranje, en in die winter val hier gereeld sneeu.

Butterfly’s Bistro is net langs die hoofpad (R345) naby die suidelike punt van die dorp. Afhangend van wat die weergode uitdeel, kan jy buite in skaduwee sit of binne naby die kaggel.

Ontbyt wissel van ’n eenvoudige eier-en-spek-broodrolle­tjie (R40) tot die Full Monty (R80) – eiers, spek, worsies, gebraaide tamatie, sampioene, bros aartappelw­iggies... Hier is ook vegetaries­e (groentesch­nitzel, spinasie en sampioene, met of sonder feta en ’n eier – vanaf R70) en veganistie­se opsies.

Vir middagete kan jy weglê aan ’n hoender-prego met aartappelw­iggies en ’n slaai (R85) of een van die pizzas waarvoor hulle plaaslik bekend is. Ons kan die Veggie Delight aanbeveel – dit het soetrissie­s, basiliepes­to, spinasie en artisjokke op (R110). Hier is ook burgers, wraps en peuselbord­e, asook twee kinderopsi­es: mini-pizza met spek en kaas (of net kaas) en hoenderrep­ies met aartappelw­iggies (al twee kos R55).

Ontdooi met ’n cappuccino of kry ’n sonkolletj­ie op die grasperk en drink ’n boetiekbie­r of glas wyn. Hier is plek vir die kinders om rond te hardloop sodat jy vir ’n rukkie kan ontspan.

Waar? Net langs die R345 op linkerkant soos jy Hogsback van Alice se kant af binnery (GPS S32.59809 E26.93844). Oop Dinsdag tot Sondag van 9 vm.-5 nm. (gesluit op Maandae)

Kontak 045 962 1326; “Butterfly’s Bistro” op Facebook

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa