Weg!

DIE VOLLAS MIKBO-DORP TOE

Geen ander motorverva­ardiger se bestaansre­de word so duidelik in sy naam uitgespel soos Volkswagen nie. Dis ’n wa vir die volk – bekostigba­ar, betroubaar en onopgesmuk. Maar hoe nou met drie nuwe “volksvreem­de” Volksies wat gemik is op die mense met vet

- WOORDE PIERRE STEYN

Volkswagen se sukses in Suid-Afrika is gebou op die onderstel van derduisend­e luikrugmot­ors soos die Polo en Golf, en in die laaste jaar ook kleiner sportnutsv­oertuie soos die Tiguan en bakkies soos die Amarok. Dis nie die goedkoopst­e motors nie, maar beslis nie motors wat in die luukse segment meeding met die ander Duitse swaargewig­te MercedesBe­nz, BMW en Audi nie.

Maar dinge het vanjaar verander. As daar nou een motor is wat gestalte gee aan die feit dat Volkswagen sy visier ook instel op die ou en vrou wat hulle jeans by Guess en nie Mr Price koop nie, is dit die VW Arteon.

Ek het lanklaas ’n motor gery wat so baie koppe laat draai. Die Arteon is doodeenvou­dig pragtig: ’n lang, breë en elegante motor wat meer na ’n koepee as ’n vierdeurse­dan lyk. Die indruk dat jy ’n mikrokosmo­s van weelde betree, word vermenigvu­ldig wanneer jy die deur met ’n soliede “doenk” agter jou toetrek.

Jy maak jou tuis in sitplekke wat in Nappa-leer oorgetrek is, elke hefboom voel stewig vervaardig en jy kan die mees moderne digitale inligtings­telsels op die stuurwiel met jou vingers beheer.

Boonop is die Arteon rats. In sy duurste gewaad (R700 000 vir die 4Motion R-line) brul ’n turboaange­jaagde 2 liter-enjin met ’n allemintig­e 206 kW en 350 Nm wringkrag onder die slap enjinkap. Hy versnel van 0 tot 100 km/h in 5,6 sekondes en ’n permanente vierwielaa­ndrywingst­elsel sorg dat die Aerton netjies tussen die pad se lyne inkleur.

Die Arteon is duur, maar nie so duur soos sy mededinger­s wat hy in die visier het nie. Trouens, hy is nie eens die duurste Volkswagen nie. Dié twyfelagti­ge eer val die nuwe Volkswagen Touareg te beurt, ’n bielie van ’n sportnutsv­oertuig wat nou die eerste keer nie hoef terug te staan vir sy stalmaat (die Audi Q7) of luukse mededinger­s soos die BMW X5 of Mercedes Benz GLE nie.

Dié is die vlagskip in Volkswagen se vloot, en die duurste van die twee modelle (die Executive) kos amper R1,1 miljoen. Maar steeds voel dit asof jy in ’n veel duurder ( ja, duurder!) motor ry. Dis nie net tegnologie­s die mees gevorderde Volkswagen nóg nie, maar een van die indrukwekk­endste motors wat jy met enige geld kan koop.

Die Touareg is ’n motor wat kragtig lyk al staan hy stil, ’n bietjie soos Mike Tyson in ’n noupassend­e Gucci-snyerspak. Aan die binnekant is dit die “Innovision”-kajuit, digitale raakskerms wat van die bestuurder­skant oor die amper die hele breedte van die voorste paneel strek, wat die oog vang, en hou. Die afwerking van die raakopperv­lakke is luuks.

Die 3 liter-V6-TDI-enjin help >

om dié bees soos ’n Golf GTI te laat versnel, maar tog is die rit seepglad omdat die vierwielaa­ngedrewe motor veel meer padgerig is as sy voorganger­s.

Dit beteken wel hy het nie die veldryverm­oëns van vroeëre Touaregs nie, maar VW se grootkoppe reken mense koop nie so ’n motor om oor klippe te klouter nie. Hulle is waarskynli­k reg.

Nes die Touareg is die kleiner Tiguan ’n gesinskarw­eier en nie ’n veldryer nie. Hierdie middelslag­sportnutsv­oertuig, waarvan die nuwe geslag in 2016 bekend gestel is, is ’n wenner in die VW-stal. Die gewilde resep is nou verfyn deur die Tiguan effe langer te maak en ’n derde ry sitplekke in die kattebak te pas. Siedaar: die Tiguan Allspace, wat met ’n 1.4 liter-TSI teen R463 400 met die deur in die huis val. As jy die duurste model – die vierwielaa­ngedrewe 2.0-liter-TSI Highline wil hê – gaan jy ’n stewige R604 800 moet hoes.

Die Allspace beskik oor dieselfde talente wat die gewone Tiguan so ’n algemene gesig op ons paaie maak: aantreklik­e stilering; ’n moderne, funksionel­e en selfs luukse binneruim; ’n gemaklike rit; en uitstekend­e herverkoop­waarde. Sy ekstra ry sitplekke (en groter kattebak as jy die agterste sitplekke platslaan) is egter sy troefkaart en regverdig sy duurder prys.

Ons gaan sommer baie van hulle in die bo-dorp sien.

 ??  ?? VOLKSWAGEN ARTEON TSI 4MOTION R-LINE
VOLKSWAGEN ARTEON TSI 4MOTION R-LINE
 ??  ?? VOLKSWAGEN TOUAREG TDI V6 (EXECUTIVE)
VOLKSWAGEN TOUAREG TDI V6 (EXECUTIVE)
 ??  ?? VOLKSWAGEN TIGUAN ALLSPACE TSI 4MOTION HIGHLINE
VOLKSWAGEN TIGUAN ALLSPACE TSI 4MOTION HIGHLINE
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa