Weg!

KASANE 101

-

Hoe kom ek daar? Dit is so ’n dag en ’n half se ry van Gauteng af (heelpad teerpad; jy kan met enige kar ry), maar jy kan ook direk van Johannesbu­rg na Kasane vlieg.

Wat is die beste tyd vir ’n besoek? Winter skoolvakan­sies is die gewildste( bespreek vooruit ), maar elke seisoen bied sy plesiere. Hoogsomer (Desember-Februarie) is warm, maar verblyf is dikwels goedkoper.

Wat kan ek doen? Jy het minstens drie dae nodig. Gebruik een voldag om die Chobe- nasionale park te verken, en nog een om ’n dagbesoek na die Victoriawa­terval te doen (bespreek dit by jou verblyfple­k – jy word met ’n bussie soontoe en terug geneem). MENSE EN HUL DIERE. 1 Cecilia Jackson en Malebogo Lucas van Automaster Quality Spares kan jou bystaan met enige karonderde­el wat jy nodig het. 2 By die gewilde eetplek PPCC (Pizza Plus Coffee & Curry... en ’n klomp ander goed ook!) word jy gehelp deur onder meer Goitse Galeboloke, Motlalepul­a Mwezi, Lucy Kebadireng, Krishna Kumar en Kealoboga Miti. 3 ’n Kleinwitre­ier haas hom in die rigting van ’n padda in die Chobe.

4 Die Kazungulap­ont karwei voertuie en mense oor die Zambesiriv­ier tussen Botswana en Zambië. 5 Dr. Lena Patiño van die Caracal-dieresorgs­entrum met ’n groot kol muskeljaat­kat .6 Dr. Sanath Muliya van Caracal met ’n Anchieta se kobra. 7 ’n Vlakvark in die middedorp.

8 Bobbejane in die Chobe- nasionale park. 9 Tshugofats­o “Puff” Monyoro maak enige ding uit seil. Sy winkeltjie is by die Kasane-bushalte. 10 Tshepang Motseothat­a van Caracal berei ontbyt voor vir drie nagapies, twee skilpaaie en een visarend. 11 & 12 ’n Waterlikke­waan en seekoeie in die Choberivie­r. Die nuutste uitgawe van Weg se Botswana-reisgids is te koop vanaf 1 Oktober. Dit kos R61 en kan bestel word by winkel.weg.co.za

 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 5
5
 ??  ?? 9
9
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 6
6
 ??  ?? 10
10
 ??  ??
 ??  ?? 12
12
 ??  ?? 8
8
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 7
7
 ??  ?? 11
11
 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa