Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Koste R500 p.p. plus ’n eenmalige R60-parktarief ( jy betaal dit vooraf by Hobas). Wanneer jy bespreek, moet jy binne 48 uur ’n 20%deposito betaal en die hele bedrag moet betaal wees 30 dae voor julle stap. 021 422 3761;

ct.bookings@nwr.com.na Wanneer kan ek stap? Die roete is net tussen 1 Mei en 15 September oop. Bespreek sowat ’n jaar vooruit as julle ’n groter groep is, en veral as julle in die skoolvakan­sie wil stap. As julle stapdatum nie vas hoef te wees nie, bespreek vir donkermaan sodat die sterre ékstra helder is. ’n Groep moet uit minstens 3 en maksimum 30 mense bestaan en stappers moet 12 jaar of ouer wees. Hoe fiks moet ek wees? Basiese fiksheid is belangrik. Jy moet sowat sewe tot agt uur per dag met ’n vol rugsak kan stap. Wat van my motor? As julle ’n groot groep is, kan julle een motor by die eindpunt los en dan ná die stap die ander motors by Hobas gaan haal. Parkeerple­k by Hobas en Ai-Ais is gratis. Die beginpunt is 10 km van Hobas af. As julle nie iemand het om julle af te laai nie, vra een van die stappers om julle af te laai, die kar by Hobas te los en duim te gooi na die beginpunt.

Of slaap die aand vooraf by AiAis en ry met ’n parkbussie tot by die beginpunt. Jy kan ná die stap met dié bussie weer by Hobas kom. Koste: R250 p.p., bespreek by Ai-Ais ( 00 264 63 683 676/7). Watter papierwerk het ek nodig? Jou paspoort (nog geldig vir ses maande), ’n mediese vorm wat jou dokter vooraf invul, en ’n vorm waarin jy onderneem om die omgewing te bewaar. Wat pak ek in? Gaan na weg. co.za om ’n volledige paklys af te laai. Soek vir “Visrivier”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa