Weg!

DAG 5: 13 KM

WAAR’S ONS NOU? (oorkantste blad). Stap met ’n goeie kaart – dit help om jou te oriënteer en te weet wanneer jy spoed moet optel... of langer kan asem skep. MOEGGEPLOE­G (onder). Hang jou stapgoed op hierdie hake by Ai-Ais en ontspan ’n ruk!

-

Vroegmôre slaan ons vir oulaas kamp op onder die sekelmaan en val dan in die pad, met sakke wat nou lekker lig is.

Teen elfuur haal ons die kampstofie uit en maak tee met die rivier wat spieëlglad langs ons lê. Ons probeer die hierwees vir oulaas uitrek – van hier af stap ’n mens volstoom Ai-Ais toe. Bo ons sweef twee witkruisar­ende.

Ander stappers se rugsakke was duidelik ook lig teen dié tyd: Niemand het op dag 1 lus gehad om boodskappi­es met klippe uit te pak nie, maar op die laaste stuk sien ons elke nou en dan een: “Ai-Ais” met ’n pyltjie langsaan, of: “Bier, 5 km”.

Ons stryk aan. ’n Paar dagbesoeke­rs kom van voor af. “You’re very close now.” En kort daarna sien ons Ai-Ais. Ek probeer die laaste oomblikke indrink: wat ’n voorreg om dít te kon beleef.

Ons stapmaats wag ons in met yskoue Tafels. ’n Mens wil eintlik liries raak – het bier al ooit só lekker gesmaak?

Om ons wemel die kampterrei­n van vakansiega­ngers. Dit voel vreemd om die gedruis en soveel ander (skoon!) mense te sien, maar ek dra my stofstrepe met trots.

Die canyon se sand en klippe maak ’n mens stowwerig, moeg en soms moedeloos. Maar sy stilte en sterre sorg vir ’n skoon kop, en daarvoor sal ek – nes Jackie – die Vis weer en wéér kom stap.

WENK

Onthou om kontant saam te dra vir iets kouds aan die einde van die stap as jou motor by Hobas bly!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa