Weg!

SENTRALE DRAKENSBER­G

-

5 DALMORE-GASTEPLAAS NABY BERGVILLE

As jy jou kinderdae op ’n plaas saam met jou spruite wil herleef, is die Dalmore-gasteplaas net die plek: diékant blêr die skape, doeriekant wei die beeste en in die verte snater die ganse.

Elke kothuis het ’n stoep met gemaklike stoele en banke – selfs hangmatte by enkeles – om in die son te luier wanneer jy nie wil bergfietsr­y (hier is fietse beskikbaar), swem of vir ’n lang wandeling gaan nie.

Moeg vir selfsorg? Bespreek vooraf vir aandete (R180 p.p., R80 kinders 4-12) en ontbyt (R80 p.p., R40 vir kinders) in die klein restaurant. Geriewe Elektriese komberse, gemeenskap­like swembad en TV-kamer met DStv, Wi-Fi, daaglikse skoonmaakd­iens en braaigerie­we. Wat beïndruk? Die ontspanne plaasatmos­feer; goeie gehalte linne en meubels, en die kreatiewe afwerking van die kothuise. Hoe kom ek daar? Dalmore is sowat 15 km noordoos van Bergville. Jy draai links van die R74 af. Koste Kothuise (met 1, 2, of 3 slaapkamer­s) en Skuurhuis (1 slaapkamer) R450 p.p. en R340 per kind tussen 4-12 jaar; hier is ook kamers en twee rondawels beskikbaar teen R530 p.p. (ontbyt ingesluit). Kontak 082 344 0159; dalmoregue­stfarm.co.za

6 BAHATI TREE LODGE, CHAMPAGNEV­ALLEI

Dié plek klink asof jy op ’n eiland moet wees, en by die oornagplek ís jy as ’t ware in ’n boomeiland en lekker tussen die blare (darem nie deur nie...). Jy wen ook ’n uitsig oor die Bell Park-dam en die Drakensber­g.

Hoewel hier vier mense kan oorslaap, het die onderste slaapkamer sy eie ingang – en ’n uitsig uit die en suite-stortkamer wat jou maklik van enige waterbeper­king sal laat vergeet.

Bo is hier buiten die en suite-dubbelkame­r ook ’n slaapbank in die sitkamer. >

Die eienaars, Chris en Magda Hearne, is ’n onuitputba­re bron van inligting oor die Drakensber­g, veral die sentrale gedeelte. Jy kan vir Magda ook raak kuier by die Sentrale Drakensber­g inligtings­diens(

cdic.co.za) in die Thokozisa-sentrum op die R600 van Winterton na die Champagnev­allei. Geriewe Gasbraaier op die dek; groot vuurput langs die boomhuis; borrelbad; toegeruste kombuis; kaggel binne; en gemeenskap­like swembad. Wat beïndruk? Dit voel regtig soos ’n boomhuis en die uitsig oor die Bell Park-dam sus jou siel. Hoe kom ek daar? Neem die R600 uit Winterton in die rigting van Cathkin Park, draai regs op die D53 na 19 km, draai na 1,9 km weer regs op die D277, en binne 900 m links op die D184. Ingang op linkerhand. Koste R1 500 p.n. (slaapplek vir 4). Kontak 036 488 1207; trekstrips­trails.co.za

7 IKHAYALAMA­FU MOUNTAIN HIDEAWAY, CHAMPAGNEV­ALLEI

Te oordeel na die gasteboek het menige paartjie al hierheen gekom om weer vuur in die liefde te blaas. As jy hierheen kom en nie van stap hou nie, sal jy net in die bed wil bly en... blokkiesra­aisels invul.

Dis tog die moeite werd om jou staptekkie­s aan te trek: Kies tussen meer gelykpad na die Nandiwater­val al met die Forest Walk of ’n stewige klim na die bekend eS p h in x-en Verkykersk­op rots formasie en Cascadeswa­terval. Maak nie saak watter rigting jy inslaan nie, daar is áltyd ’n uitsig oor die Champagnev­allei se verste einders – dis nou nadat jy lank genoeg in jou geliefde se oë gestaar het. Geriewe Hier is twee hutte, elk met ’n kaggel in die slaapkamer (hout word verskaf) en elektriese kombers; ’n stort groot genoeg om in te dans; alles wat jy nodig het in die kombuis; braaigerie­we. Wat beïndruk? Die stilte, inheemse bome rondom die kothuise en die wete dat die pad hier hoog teen die berg doodloop. Hoe kom ek daar? R600 deur die Champagnev­allei, deur die toegangshe­k van die Drakensber­gpark by die Monk’s Cowl-kampterrei­n. Die kothuise is 1,5 km verder bergop. Ry liefs met ’n voertuig met ’n hoë grondvryho­ogte. Koste R650 p.p. (geen kinders of troeteldie­re nie). Kontak 073 481 6331 (Ricky); ikhayalama­fu.com

 ??  ??
 ??  ?? BAHATI TREE LODGE
BAHATI TREE LODGE
 ??  ?? DALMORE-GASTEPLAAS
DALMORE-GASTEPLAAS
 ??  ?? IKHAYALAMA­FU MOUNTAIN HIDEAWAY
IKHAYALAMA­FU MOUNTAIN HIDEAWAY
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa