Weg!

SILAKA-NATUURRESE­RVAAT

-

WEET VOOR JY WAAI

Waar bly ek? Hier is twee selfsorgch­alets met slaapplek vir twee mense. En 15 selfsorggr­asdakchale­ts met slaapplek vir 4 mense elk in twee slaapkamer­s met twee enkelbedde­ns elk.

Die chalets het elektrisit­eit, ’n sitkamer, toegeruste kombuis en ’ n buitebraai. Koste Selfsorg: Vanaf R529 p.n. vir 2 mense; vanaf R957 p.n. vir 4 mense. Parktariew­e is R22 p.p. en R11 per kind per dag. Hoe kom ek daar? Vat die Tweede Strand-pad uit Port St. Johns. Steek ná sowat 5 km die Bulolo-rivier oor – die pad klim berg-op vir 1,5 km tot by die reservaath­ek. Jy het ’n voertuig met ’n goeie grondvryho­ogte nodig vir die pad tussen die brug en die reservaat. Wat pla? Silaka het nie haainette nie, en daar was al aanvalle by Tweede Strand. Bly liefs in die vlak water! Kontak 043 492 0883;

visiteaste­rncape.co.za Port St. Johns is byna elke dag van die jaar ’n miernes, maar in vakansiety­d lyk dit soos ’n miernes wat oopgeskop is! As jy rus en vrede soek, hou verby... maar nie te ver nie. In die piepklein Silaka-natuurrese­rvaat (4 km²), sowat 6 km suid van die dorp, is dit tjoepstil.

Die grasdakcha­lets sit knus tussen die inheemse woude in die vallei van die Gwaxleni-rivier wat in die see uitmond op ’n ongerepte strand voor die reservaat.

Buiten blouapies gaan jy ongelukkig nie veel wild gewaar nie. Stropery bly ’n kopseer al word die grensdrade gedurig versterk. Hier’s wel volop voëls: Wees op die uitkyk vir die Knysnaloer­ie, die blouvisvan­ger en die bloukatako­eroe langs die rivier en witborsdui­kers wat nesmaak op Bird Rock, ’n rots in die see aan die westekant van die reservaat se strand.

STAPROETES

Die staproete hier is eintlik net ’n 2 km-paadjie wat die kuslyn van die reservaat volg. Begin by die mond van die Gxwaleni-rivier onder die ruskamp en kyk uit vir die bord wat sê “Jongelwand­le” op die westelike oewer.

Die roete loop deur ’n stukkie inheemse woud en al langs ’n kranswand bo Silaka se strand voor dit klim oor die grasveldko­ppe na Sugarloaf Rock, ’n driehoekig­e klip in die see.

Jy kan ook die paadjie deur die woud aan die oostelike kant van die riviermond volg en tot by Tweede Strand – sowat 1,5 km ver – stap.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa