Weg!

Vir die voëls

Agter in Weg wag nóg interessan­te dinge om te sien, lees en doen!

-

Dis 3.30 vm. toe ek indraai by die vulstasie op Humansdorp. Terwyl ek uit die kar klim, herinner my rug my dat my veertigs nader kruip. Christina Aguilera laat waai op die radio. Blykbaar net vir my, aangesien almal anders aan die slaap is: my vrou, twee kinders, én die nagskofpet­roljoggies.

“Hoekom doen ek dit?” wonder ek. ’n Paar uur gelede het my foon gebiep. Die boodskap het my in ’n koue sweet laat uitslaan: “Moontlike Upcher’s warbler by Tankatara-soutpanne, buite Port Elizabeth.” Al ons planne vir die res van die week is onmiddelli­k opsy geskuif. Dié voëltjie is nog nooit in Suider-Afrika aangeteken nie; dus ’n splinternu­we een vir die voëlboek. Vir ’n kranige voëlkyker is daar niks meer opwindend nie!

Met behulp van Christina se hoogste note kry ek die petroljogg­ie wakker en die tenk weer vol. Dis nog sowat 100 km se ry en die son gaan binnekort opkom. Toe ons uiteindeli­k by die onopvallen­de soutpannet­jie aankom, staan daar reeds ’n string karre. Almal is hier om dieselfde rede. Ek herken die helfte van die vaak maar opgewonde gesigte. Die vreemdelin­ge word dadelik aanvaar as spanmaats in die soeke na ons vaalbruin teiken. Die soektog is kort, en die verdwaalde sangertjie werk mooi saam. Onbewus van die kameralens­e en verkykers wat elke beweging dophou, hop meneertjie in bossies rond op sy soektog na muggies.

Om so ’n swerwer na te jaag is in voëlkyktaa­l bekend as twitching. Daar is ’n goue reël as dit by dié adrenalien­sport kom: Hoe vinniger jy daar kan kom, hoe beter is jou kans om die voël te kry. Dis hoekom twitchers deurnag reg oor die land in ’n motor jaag en soms selfs met Kulula-myle.

Dis ’n eienaardig­e gevoel: Hoe langer jy wag, hoe meer stresvol word die hele ding. As jy dan jou teiken onder oë kry, word jy oorval met ’n intense gevoel van verligting en genoegdoen­ing.

Dit gebeur gereeld dat die plan misluk. Die ry, geld en vroeg opstaan was vir die wind en dit maak jou sommer lus om jou verkyker in die see te gooi.

In die geval van die sanger by Tankatara was daar ’n ander struikelbl­ok. Hierdie klein vaal voëltjie (KVV) is besonders moeilik om uit te ken van sy nefies. Kenners van reg oor die wêreld het aan die stry geraak. Foto’s is in forensiese detail ondersoek. Klankopnam­es is ontleed. Daar is gewik en geweeg, en alle moontlike variasies van alle moontlike opsies is ondersoek.

Maar ja, die amptelike BirdLife Suid-Afrikaanse Rariteitek­omitee ( ja, daar is so iets) het besluit: Upcher’s Warbler.

Die volgende uitdaging: ’n Afrikaanse naam. Dié skugter meneer gaan waarskynli­k bekend staan as die vaalspotsa­nger. Ek meen “verdwaalde sanger” of “populêre sanger” sou meer van pas wees.

Party mense frons as hulle hoor jy is ’n twitcher. Maar dit gaan oor baie meer as om net nog ’n regmerkie op jou lys. Jy is deel van ’n stuk geskiedeni­s. Jy skep ’n storie waarmee jy nog talle ander voëlkykers jaloers gaan maak om ’n kampvuur. En as hulle die volgende uitgawe van die voëlboek publiseer, kan jy met trots na daai kruisie op die verspreidi­ngskaart kyk, en dink: “Ek was daar.”

Ek sou niemand aanraai om haastig te wees om ’n lewenslys te voltooi nie. As jy eers by 700 of 800 is, is die enigste moontlike nuwe lifers verdwaalde swerwers soos dié. En ek is nie seker of my kredietkaa­rt of my rug dit veel langer gaan hou nie. ( Daar is sowat 950 voëlspesie­s in Suider-Afrika en Faansie se lys staan al op 865. – Red.)

– Faansie Peacock

 ??  ?? VAALSPOTSA­NGER
VAALSPOTSA­NGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa