Weg!

Goed om te weet

- – Esma Marnewick

Met sy kaart van die Tankwa-Karoo en Roggeveld-platorand het die meesterkaa­rtmaker Peter Slingsby ’n gebied gekarteer wat al jare lank smeek vir ’n propperse kaart.

Die kaart dek rofweg die gebied van die westelike Sederberg tot by Sutherland en tussen Touwsrivie­r en Calvinia in die noorde.

Ons het al verskeie stories oor die Tankwa-Karoo-omgewing in Weg geplaas en elke keer is dit ’n gesukkel om ’n kaart te teken, want baie van die paaie in die omgewing het nie eens name op die regering se 1:50 000- topografie­se kaarte nie! Dit het gemaak dat die Tankwa die soort plek was waar ’n mens nog regtig kon verdwaal. Selfoonont­vangs is ook skraps... Daar was ’n soort romantiek aan reis in dié verlate deel van die land.

Met Slingsby se kaart is dit ’n ding van die verlede – elke stofpad, koppie, bergreeks, blyplek, boskamp, pas en droë rivierloop word aangedui. Hy merk ook die mooiste rypaaie met ’n laggende emotikoon.

Die Tankwa gaan nou minder van ’n “geheim” wees, maar nou kan jy sien waar die jaarlikse AfrikaBurn-fees gehou word. En watter agterpaaie en 4x4-roetes jy van die Sederberg na die Tankwa-Karoo kan ry. En dis tog die belangriks­te van als; om in jou kar te klim en ’n nuwe plek te verken. Nou toe, die Tankwa roep!

Koste Die kaart is beskikbaar by buitelewew­inkels of bestel een by slingsbyma­ps.com teen R190.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa