Weg!

ONTMOET JIMMY

-

“Die Wildekus is nog nie veel ontwikkel nie; dit lyk soos dit maar nog altyd gelyk het.” Só sê die entreprene­ur Jimmy Selani, die gesig van die Wildekussl­enterstapr­oete. Hy is al sedert 1998 ’n gids op die roete en het in 2013 Wild Tours gestig.

Jimmy woon naby Port St. Johns in die nedersetti­ng Mtumbane.

“Ek het in 1998 gewerk as ’n barbier en ’n advertensi­e vir voornemend­e gidse in ’n plaaslike koerant gesien.”

“Ek het ’n paar jaar tevore by die ontvangs van ’n groot hotel in Umtata gewerk en was daaraan gewoond om met mense te gesels. Ek het gegaan vir opleiding, en as gids op hierdie roete begin werk.”

Jimmy is beskeie oor sy aandeel in die roete se ontwikkeli­ng en die feit dat hy al vir meer as 40 gidse, soos Yongama Manjezi, ons gids, help werk skep het.

Hy benadruk die veiligheid van die roete. “Jy sou dit sonder ’n gids kon doen, maar dis nie duidelik gemerk nie.”

Vroeër jare het stappers hoofsaakli­k by kampplekke buite die nedersetti­ngs oornag. Sedert 2001 bly stappers meestal by mense aan huis – of eerder aan hut.

Dit het gelei tot interaksie tussen stappers van reg oor die wêreld en die inwoners van die Wildekus, meen Jimmy. “Die Pondo’s is van die vriendelik­ste mense in Suid-Afrika,” sê hy. “Jy kan hier leer hoe hulle leef, hulle gasvryheid en warmte ervaar en ook net kom ontspan, weg van die stadsgedru­is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa