Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Hoe werk dinge? Die roete begin op Port St. Johns en eindig vyf dae later op Koffiebaai. ’n Gids, ontbyt, aandete, slaapplek en beddegoed word verskaf. Bring jou eie middagetes en/of kontant vir die spazawinke­ls (en fooitjies vir die gids en portier). Onthou ook ’n reënbaadji­e, sonroom, muskiet- en bosluis-afweermidd­el. Bring watersuiwe­ringstable­tte as jy wil veilig wees, maar ons het goed daarsonder klaargekom met reënwatert­enks en kraanwater. Hoe kom ek daar? As julle tyd min is, kan julle vlieg na Oos-Londen en ’n voertuig huur. FlySafair se vlugte is billik – retoervlug­te uit Kaapstad kos vanaf R2 200 p.p. as jy lank vooruit bespreek.

Ry dan tot op Koffiebaai en maak gebruik van ’n plaaslike pendeldien­s om tot op Port St. Johns te kom. Ons het R1 800 betaal vir vyf mense se vervoer. Kontak Jola ( 078 322 7777) of Phumzile ( 076 682 9749). Blyplek? Koffiebaai: Die Five Fishes-gastehuis het slaapplek vir 5 teen R250 p.p.p.n. 065 926 4676. Port St. Johns: Delicious Monster, ’n selfsorghu­is met slaapplek vir 8, teen R1 800 p.n. deliciousm­onsterpsj.co.za; 083 997 9856 Beste tyd? Jy kan enige tyd van die jaar bespreek, maar die weer is op sy beste tussen April en September. November en Desember is dit reënseisoe­n. Koste Dit kos R2 530 p.p. vir twee mense en word goedkoper hoe groter die groep is (maksimum 22 stappers). Ons het R2 280 p.p. betaal vir vyf mense. ’n Portier wat jou sak dra, kos R150 per dag ekstra, dus R750 per stapper. Die portier stap elke dag saam, ’n paar honderd meter vooruit. Jy dra dan net ’n dagsak. 082 507 2256 (Jimmy); wildcoasth­ikes.com

 ??  ??
 ??  ?? Catharien Robbertze, projekbest­uurder, Kaapstad “Elkeen moet so ’n stap doen om ’n blik op die lewe van ander SuidAfrika­ners te kry. Dié ervaring sal baie vrese by mense laat verdwyn.”
Catharien Robbertze, projekbest­uurder, Kaapstad “Elkeen moet so ’n stap doen om ’n blik op die lewe van ander SuidAfrika­ners te kry. Dié ervaring sal baie vrese by mense laat verdwyn.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa