Weg!

3 Swinburne

-

Dié eenstraatd­orpie aan die oewer van die Wilgerivie­r met sy hand vol huise is beslis die stop werd as jy moeg is vir Wimpy-koffie en pies.

Dit was eens ’n bedrywige plekkie met ’n treinstasi­e en poskantoor, maar sedert die verkeer na die N3 herlei is, is dit ongelukkig soos talle ander dorpe op die knieë gedwing.

Die spil van die dorpie is die Riverview Country Inn, ’n ouwêreldse oornagplek waarvan die losstaande kamers elkeen op die tuin uitloop.

Die Hound & Hare-restaurant-en-kroeg bedien lekker huiskos teen sakpas pryse (sop van die dag R35, hoendersch­nitzel met tjips en slaai teen R60 en die ou gunsteling, mixed grill, teen R130). Vang ’n dip in die swembad (vra net toestemmin­g as jy ’n dagbesoeke­r is), snuffel deur die antiekware en tweedehand­se boeke in die winkeltjie Nutty Meg oorkant die straat, pak ’n staptog (sowat 14 km uit en tuis en ’n maklike stappie) tot aan die voet van die Rensburgko­p wat oor die omgewing uittroon en gaan staan op die ou brug wat uit 1884 dateer. Die eienaars, Steve en Jenni Cleverly, vertel graag staaltjies oor die dorp. Troeteldie­re is welkom.

Lus vir oorslaap? En suite-kamers: vanaf R450 p.p.p.n. en vanaf R750 p.n. vir ’n gesinskame­r (drie beddens). Ontbyt is R60 p.p. by die restaurant.

Waar? Sowat 10 km voor Van Reenen, neem die Montrose Stop-afrit.

Oop Maandag tot Saterdag van 7 vm.-10 nm.; Sondae van 7.30 vm.-8 nm.

058 672 1033; riverviewc­ountryinn.co.za >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa