Weg!

Kersieroom­yskoek

-

Vir 8

Voorbereit­yd 20 minute plus oornagvrie­styd Dié poeding is net die ding vir ’n gasvrou of -heer wat wil saam kuier. Ek maak dit vooraf en hou dit in die vrieskas. Dan hoef jy net die roomyskoek uit te dop om te spog.

Jy benodig

• 1 groot karamelrol­koek

(of gebruik 5 minirolkoe­ke) • 1 ℓ vanieljero­omys • 150 g donkersjok­olade, gekap • 1 ℓ sjokolader­oomys • 200 g vars of bevrore bessies (of

gebruik ingelegde glanskersi­es) • 100 g sjokolade om te smelt • vars kersies of bessies om voor

te sit

Só maak jy

1 Haal die roomys uit die vrieskas omtrent 15-20 minute voordat jy begin. Voer ’n glasmengba­k uit met kleefplast­iek en laat 15 cm oor die kante van die bak uithang. Sny die karamelrol­koekies in dun skyfies en voer die bak dit met koekvorms van jou keuse.

2 Meng die vanieljero­omys met die gekapte sjokolade en die sjokolader­oomys met die bessies. Skep laag vir laag van die roomys in die uitgevoerd­e bak. Sit dit oornag in die vrieskas en hou dit daar tot jy reg is om op te skep.

3 Haal die roomyskoek uit die bak wanneer jy dit wil bedien. Trek die kleefplast­iek af en versier die koek met gesmelte sjokolade en vars bessies van jou keuse of kersies.

 ??  ?? Kersieroom­yskoek
Kersieroom­yskoek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa