Weg!

GABOEN

-

Weet jy waar is Gaboen? In dié Wes-Afrika-land kry jy woudolifan­te en seekoeie wat in die see swem. Die leser Judy Mann was daar

Dis tyd vir ’n veiligheid­spraatjie. “Drie diere bestorm ons – olifant, buffel en gorilla,” sê ons gids, Jean-Alain Pambo, gewapen met ’n panga. “Vir olifant en buffel skuil jy agter ’n boom. Vir gorilla kyk ons af. Oukei? Kom ons gaan!”

Dan draai hy om en stap die woud binne in die Loango- nasionale park langs die weskus van Gaboen.

As ’n mens vir iemand sê jy gaan Gaboen toe, is hulle reaksie gewoonlik: “O, dis lekker,” en dan, ná ’n rukkie: “Wáár is Gaboen?”

Gaboen is een van daai Afrika-lande wat ’n lae profiel handhaaf. Die meeste mense het nog nie eens daarvan gehoor nie. Gaboen was ’n Franse kolonie. Frans is die amptelike taal en dis moeilik om ’n gidsboek in Engels te kry. En dis ’n storie en ’n half om daar uit te kom én om in die land rond te reis. En dis dúúr.

Maar as jy verby al daai uitdagings kyk, is dit een van die besbewaard­e en mees eksotiese ekobestemm­ings op die vasteland!

Gaboen is in Wes-Afrika, op die ewenaar. Dis ’n ylbevolkte land met minder as 2 miljoen mense. Groot stroke tropiese reënwoud lê onaangeraa­k – tot 70% van die land. Ons het in ’n stadium twee uur lank oor oeroue reënwoude gevlieg en net een of twee paaie gesien.

Die ontslape president Omar Bongo Ondimba het in 2002 die nuus gehaal toe hy sy Groen Gaboen-program aangekondi­g het: 26 000 km2 se wildernis word in 13 nasionale parke beskerm. Die meeste van die ekostelsel­s in die land word op een of ander manier bewaar.

Die legendarie­se bioloog en National Geographic- ontdekker Mike Fay en die fotograaf Michael Nichols se bekende foto’s van Gaboen se “seekoeie wat surf” het ’n beduidende rol in dié visioenêre besluit gespeel.

Dit was ook Fay wat die Loango- nasionale

Hoe klink ’n ongerepte reënwoud wat eindig langs ’n kuslyn waar seekoeie

branders ry? Maak soos Judy Mann, en bespreek ’n kaartjie na Gaboen...

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? JUDY MANN Tuisstad Durban Beroep Bewaringst­rateeg
JUDY MANN Tuisstad Durban Beroep Bewaringst­rateeg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa