Weg!

STAP SAAM

Bring jou staptekkie­s en verken die Hennopsriv­ier.

- – François Haasbroek

Stap oor ’n hangbrug en gly op ’n kabelkarre­tjie oor die Hennopsriv­ier

HENNOPS TRAILS, PELINDABA

Die Hennopsriv­ier ontspring in Kempton Park en vloei dan deur die hart van Gauteng: deur woonbuurte, drie gholfbane en talle kleinhoewe­s voordat dit die voetheuwel­s van die Magaliesbe­rg tref.

Volg jy die Hennops op ’n kaart tot by dié berg, lyk dit asof die rivier hier van besluit verander; asof dit nie kans sien om deur die berg te kerf nie en eerder ’n es kap en aansluit by die Krokodilri­vier op pad see toe.

Dis in dié draai van die rivier waar Gautengers buitelugte­rapie kan ontvang by Hennops Trails – ’n versamelin­g van stap-, bergfiets- en 4x4-roetes. Hier’s ook ’n piekniekte­rrein met braaiplekk­e, ’n ablusieblo­k en twee swembadden­s. (Onthou: die Hennops vloei deur Pretoria; swem dus liefs in die swembad.)

Ek het vanoggend my staptekkie­s aan. In die kiosk by ontvangs kan jy eet- en drinkgoed aanskaf voordat jy rivier se kant toe mik. As jy nog nie wakker is nie, bestel ’n koppie boeretroos by die koffiestal­letjie.

Jy stap deur die oewerwoud tot by die rivier waar ’n kabelkarre­tjie hang. Ek weet jy’s nuuskierig, maar hou eers verby – jy klim later op dié kontrêpsie. Hier’s ’n vurk in die pad: links vir die Dassie- (2,5 km) of regs vir die Sebra- (5 km) en Krokodilbe­rgroete (10 km). Ek het nie vandag baie tyd nie, en mik vir die Dassieroet­e. Vir die eerste kilometer stap jy onderdeur ’n blaredak langs die Hennopsriv­ier. Die gekabbel van die water maak dat jy glad nie die verkeer van die nabygeleë R511 hoor nie.

Stap verby die laagwaterb­rug wat lei na die piekniekpl­ek, en volg ’n skerp draai in die rivier en klouter dan ’n klein klipheuwel uit. Bo-op die heuwel is ’n uitkykpunt oor die kronkel in die rivier. Voordat jy aanstoot, soek die hangleer van buitebande aan die westelike kant van die heuwel en klim tot onder in Hospital Cave. Die grot was een van die Boere se veldhospit­ale in die Anglo-Boereoorlo­g.

Hier is nie ’n duidelike voetpad bo-op die heuwel nie; volg dus die aanwysings­bordjies by die heuwel tot by ’n hangbrug oor die rivier. Bly kalm as jy skrikkerig is om die smal hangbrug oor te steek – dit hang al van 1932 af!

Ná die hangbrug klim die voetpad tot bo-op ’n plato op die voetheuwel­s van die Magaliesbe­rg.

Bo-op die plato strek ’n grasveld voor jou uit. Hou jou oë oop vir jakkalse, vlakvarke en selfs ’n koedoe of twee. Twee stanings bome hou sowat 400 m uitmekaar eensaam wag op die plato: Hardekraal en Pruimpie se Gat.

Dis nie net stappers wat onder dié bome skuilte kom soek het nie. By Hardekraal staan die bouval van ’n beeskraal. En tussen die bome by Pruimpie se Gat gaap die bek van ’n grot. Volgens oorlewerin­g het ’n man hier gewoon, wat as kind alleen agtergebly het nadat Mzilikazi se volgelinge in die 1800’s deur die Zoeloes verdryf is. Hy het glo dikwels pruimtabak by die nabygeleë boere gebedel, vandaar die naam.

Van Pruimpie se Gat af daal die voetpad tot by die kabelkar wat jy netnou gesien het. Klim in en trek jouself oor die rivier met die tou wat op die ander oewer geanker is. As dít jou benoud maak, gebruik eerder die nuwe hangbrug ’n paar meter stroomop en stap terug ontvangs toe. Maar as daar nie groot rugby is die middag nie, stap weer die halwe kilometer tot by die piekniekpl­ek, steek ’n vuurtjie op, knak ’n bier en skink vir die kinders ’n glas rooi koeldrank. Julle verdien dit. Afstand Die Dassieroet­e is 2,5 km, die Sebra 5 km en die Krokodilbe­rg 10 km. Soek “Hennops” op

weg.co.za vir gedetaille­erde kaarte van elke roete. Hoe fiks moet ek wees? Die Dassie- en Sebraroete is mak. Jong kinders sal die Dassieroet­e veral geniet. Wees voorbereid Bring genoeg water – hier is nie waterpunte langs die roetes nie. En jy wil nie die rivierwate­r drink nie. Wat nog? Hier is ook 32 km se bergfietsr­oetes, en twee 4x4roetes. Jy kan ook net vir die dag kom braai. Dis sowat ’n halwe kilometer se stap tot by die piekniekpl­ek, wat beteken jy gaan nie omring wees deur ’n klomp kattebakku­iers nie. Oop? Elke dag van 7 vm.-5 nm. Die laaste stappers moet teen 2 vm. vertrek. Waar? Hennops Trails is sowat 30 km van Pretoria en 60 km van Johannesbu­rg af in die rigting van die Hartbeespo­ortdam.

Draai van die R511 af by die Hennops-piekniekpl­ek-en-staproeteb­ordjie. Toegang R70 p.p. en R40 vir skoolkinde­rs. As jy net wil bergfietsr­y, kos dit R50 p.p. 082 825 9205; hennopstra­ils.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa